Dis Oujaar. Die feeskomitee wil niemand anders as hul eie Fanus hê vir die verrigtinge om Nuwejaar mee af te skop nie. 

As voltydse sanger is Fanus wyd bekend in die kon­trei. Aan die begin van sy loopbaan moes hy dikwels tevrede wees met sjokolade as betaling in venues waar niemand anders wou optree nie, maar deesdae is die bordjies verhang.

Ten spyte van sy gewildheid en dat sy stem meisies laat swymel, bly sy voete vas op moederaarde. 

Hy is steeds net Fanus wat hier op Goedepoort grootgeword het. Sy pa het aanvanklik kopskuddend blou rookdampe uit sy pyp die lug sit en inblaas om sy onvergenoegdheid te kenne te gee, glad nie beïndruk deur, volgens hom, sy seun se gebrek aan ambisie nie. 

Sy seun moes kom boer.“Hoe gaan jy jouself aan die lewe hou met ’n singery? Dit neem baie jare voor sangers hul merk maak en dan hang dit ook maar van geluk af. Dit gaan my verstand te bowe hoe ’n sterk jong man soos jy, met ’n plaas wat op hom wag, tevrede kan wees met so ’n lewe. Dis jou erfgrond. Jy’s reeds in jou 30’s. Kom boer. Ek word bowendien nie jonger nie. Naweke kan jy doen wat jy wil. Selfs sing as jy moet. Nee, jong, ’n Van der Walt is tog tot beter dinge in staat.”

“Kind, wanneer laas het jy ’n meisie uitgeneem?” Sy wil so graag haar kind gevestig sien. Fanus is buitendien haar en haar man se enigste hoop op kleinkinders. Hoe dikwels het sy nie al daar voor die stoof staan en fantaseer oor ’n stemmetjie wat “ouma” roep nie.

”Soos wat?” Al wat Fanus in sy hart weet, is dat al sê sy pa wat daar niks anders is wat hom meer vreugde verskaf as om mense met musiek te vermaak nie. Die gehore se ooglopende meelewing laat altyd die bloed wild deur sy are bruis.

Daarmee saam word hy elke keer tot hoër hoogtes gevoer deur die energie wat so gegenereer word. Sy gesonde bank­rekening sorg spoedig daarvoor dat sy pa teësinnig sy woorde moet sluk. Maar sy ma bly moederlik besorg. 

“Kind, wanneer laas het jy ’n meisie uitgeneem?” Sy wil so graag haar kind gevestig sien. Fanus is buitendien haar en haar man se enigste hoop op kleinkinders. Hoe dikwels het sy nie al daar voor die stoof staan en fantaseer oor ’n stemmetjie wat “ouma” roep nie.

“Daar is glo ’n hele paar nuwe onderwyseresse op die dorp,” stook sy die vuur. 

“Ai tog, moeder. Dit sal vir eers moet wag.” In skreiende kontras met sy sukses op die verhoog lê sy liefdeslewe soos ’n dorre lap aarde wat smag na ’n bietjie lewegewende reën. 

“Ek glo ek sal weet wanneer die regte een oor my pad kom.” Hy gryp sy ma ewe verspot om die lyf en gooi met haar, al protesterend, ’n paar wilde draaie in die kombuis. “As dit so aangaan, kan ek op 40 aftree! Dán sal ek kom boer.” 

Al dansende improviseer hy ’n lawwe liedjie, een met beloftes van genoeg geld vir ’n beter kitaar en nog ’n plaas vir die nageslag. 

“Watter nageslag?” Verbete klou sy ma uitasem aan hom vas vir balans. Sy verspottigheid is egter ’n tydelike skrale troos. 

Oor ’n paar jaar, wanneer Fanus sy 40ste verjaardag gaan vier, sal sy te oud en afgetakel wees om kleinkinders rond te dra en te geniet.

“Geld is nie alles nie,” grom sy pa ge-reeld. “Die plaas het jou nodig!” 

Fanus wéét die werklikheid van die lewe is ’n sterker bepalende faktor as sy eie ambisie om ’n suksesvolle sanger te word. 

Enigiets kan gebeur wat ’n spoedige einde aan sy groeiende loopbaan kan maak. 

Maar solank dit pap reën, gaan hy skep. Hy skud nou eers sy vere reg vir Oujaarsaand. 

Die grasperke is vroeg reeds beset met Oujaarskonsertgangers op piekniekkomberse. Die maan sit hoog en die sterre vonkel. Dit gons van afwagting.

“FA-NUS! FA-NUS!” Die skare se gejuig weergalm ritmies terwyl Fanus die soveelste keer sy kitaar gryp vir nog ’n encore. Die mense sing hartlik saam. Die sweet tap hom af. 

Dit is asof hy vir die eerste keer die impak van die lirieke begryp. Die skare vervaag langsamerhand en die wêreld bestaan net vir hom en die donkerkopmeisie. Toe weet hy: Hier op die Oujaar het ’n meisie aan sy hart kom klop.

’n Gefluit weerklink terwyl hy, byna strompelend van uitputting, die verhoog vir pouse verlaat. 

Uitgevat in ’n vars hemp nooi die skare se gejuig hom terug verhoog toe. Toe hy eenmaal sy oë oor die skare laat gly, sien hy haar. 

Haar slanke figuur en donker hare laat haar duidelik uitstaan tussen almal. 

In teenstelling met die mense rondom haar wat heen en weer saam met die musiek wieg, beweeg sy net liggies haar kop. 

Die uitdrukking in haar oë is een van totale oorgawe aan genot. Die intensiteit van haar meelewing maak dat hy met gereelde tussenposes haar oë soek. 

Daar is beslis nie ’n man naby haar nie, merk hy verlig op. Toe sing hy net vir haar. 

Ná die tweede pouse merk hy tevrede op dat sy nou nader aan die verhoog sit. 

Op die gras, met haar bene hoog opgetrek teen haar slanke liggaam, leun sy terug op haar arms en hou hom intens dop. Hy is seker haar oë is bruin. 

’n Sagte, warm heuningbruin. Haar teenwoordigheid inspireer hom om doelbewus op die dinamiek in sy sang te let. 

Dit is asof hy vir die eerste keer die impak van die lirieke begryp. Die skare vervaag langsamerhand en die wêreld bestaan net vir hom en die donkerkopmeisie. Toe weet hy: Hier op die Oujaar het ’n meisie aan sy hart kom klop.

Die eerste klappers wat op die kop om middernag Nuwejaar aankondig, ruk hom met ’n slag terug na die werklikheid. 

Die skare verander skielik in ’n jillende, krioelende gemaal wat mekaar luidkeels die beste vir die nuwe jaar toewens terwyl vuurpyle die naglug ingeskiet word en hoog in die lug donderend in duisende sterre ontplof. Toe hy weer afkyk, is die meisie weg. 

Fanus se oë soek desperaat in die gemaal, maar daar is geen teken van haar nie.Hy is skaars terug op die plaas toe sy pa in die vroeë oggendure angstig aan sy kamerdeur kom klop.“Fanus, kom help. Dis jou ma.” 

Die volgende dae los Fanus en sy pa mekaar om die beurt af by sy ma se siekbed. Sy pa sit verwese daar. 

Die verantwoordelikheid van die boerdery rus skielik vierkantig op Fanus se skouers. Hy vat nie behoorlik grond nie. 

Fanus ry verby na die lammerkraal en kom later druipnat met ’n halfverkluimde lammetjie onder die blad by die agterdeur ingedraf en stop in sy spore.

Saans nadat al sy verpligtinge afgehandel is, is hy te pootuit om aan sy kitaar te dink. Die donkerkopmeisie is egter nag ná nag daar in sy drome, ’n lafenis vir sy moeë wese. 

Hy weet hy sal haar moet gaan soek.Hy begin sien sy ma se siekte as ’n bestiering, want dis duidelik dat hy regtig benodig word op die plaas. 

Sy pa kom nie meer by alles uit nie. Skuldgevoelens dreig om hom te oorweldig. Miskien is dit tog tyd dat hy nesskrop. 

Een namiddag kom sê sy pa hulle moet maar die dokter inroep. Die koors is hoër as ooit en die nag lê voor. 

Hulle het skaars klaar gepraat toe die eerste donderslag hulle laat wip van die skrik. 

Soos silwer vingers verlaat die een blits ná die ander die donker bollende wolke. 

Groot reëndruppels kom plof stof uit op die droë aarde tot die water geleidelik in stroompies die holtetjies begin vul. 

Die welkome reën wat die mans se harte met groot dankbaarheid behoort te vul laat hulle nou benoud na mekaar kyk. 

Die spruit naby die huis gaan beslis binnekort afkom en kan vir die dokter, wat reeds op pad is, gevaarlik wees. 

Teen die tyd dat Fanus by die plaashek kom, kan hy die dokter se motorligte sien aankom. 

Nat tot op sy vel beduie hy met groot armgeswaai deur die stortende reën dat die motor hom moet volg.

By die huis is sy pa onmiddellik by met ’n groot sambreel om die dokter na binne te help. 

Fanus ry verby na die lammerkraal en kom later druipnat met ’n halfverkluimde lammetjie onder die blad by die agterdeur ingedraf en stop in sy spore.

Sy pa is besig om intens na die dokter se opdragte te luister.“Oom, twee van hierdie tablette, drie maal per dag. 

En die tannie moet genoeg vloeistof inneem. Hou haar warm.”Die donkerkopmeisie van sy drome draai vinnig om toe sy die lammetjie hoor blêr. 

“Die dokter sal beslis moet oorslaap,” beaam Fanus se pa. “Sommer ’n paar nagte. Dit lyk hoeka of sy hier hoort. Hierdie reën is meer as ’n seën.”

“Ag my moeder,” sê sy liefderik. “Gee tog hier. Wanneer laas het ek ’n lammetjie vasgehou.”

Haar oë ís toe regtig so sagbruin soos hy vermoed het. Sy kyk Fanus ondersoekend aan voor ’n sweem van herkenning haar oë laat opvlam. 

’n Blos kom sit op haar wange.“Dis jy. Die sanger!” sê sy sag.Haar slanke hande vou ferm en vertroostend om die lam. 

Sy druk die protesterende dier teen haar vas, en die spontane laggie wat uit haar borrel, laat Fanus se hart bokspring. 

Hy hoef haar nie meer te gaan soek nie. In die siekekamer, oor die dokter se skouer, stuur sy ma se moeë maar glinsterende oë vir hom. 

’n Woordelose boodskap. Fanus knipoog bevestigend vir haar. Vir die heel eerste keer voel hy gereed om sy geliefde kitaar op te hang, al is dit net tydelik. 

Om te boer en die dokter beter te leer ken is nou die groter prioriteit.“Dis ’n groot reën,” sê sy ma dankbaar. 

“Onthou jy, laas met die groot reën het die spruit ons dae lank van die buitewêreld afgesny.”

“Die dokter sal beslis moet oorslaap,” beaam Fanus se pa. “Sommer ’n paar nagte. Dit lyk hoeka of sy hier hoort. Hierdie reën is meer as ’n seën.” 

Sy pa het lankal die lammetjie in ’n kissie voor die koolstoof neergesit en homself vir die nag verskoon, toe gesels Fanus en die dokter nog een stryk deur. 

Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.