Drieka frons. “So wat is daar wat jy my nie vertel nie?” vra sy die eiendoms­agent effens geïrriteerd terwyl sy haar strak aangluur. 

Sy het beslis nie lus vir speletjies vandag nie.“Wel, uhm, Mevrou...” 

“Ek is allesbehalwe ’n mevrou!” knip Drieka haar kort. “Was nog nooit en is regtig nie van plan om een te word nie. En noem my asseblief tog Drieka. Jy was besig om my te vertel wat jy vir my wegsteek omtrent die huis?” 

Die eiendomsagent in haar netjiese blou broekpak en perfekte grimering lyk effens verskrik. 

Drieka vee met haar hand oor die koue marmer kombuis-oppervlakke terwyl haar oë oor die moderne kombuis met die duur Smeg-yskas en oond dwaal.

“Dis perfek, maar ek is nie gister gebore nie,” sug sy nou, die irritasie steeds duidelik in haar stem.

“Die prys is die helfte van die markwaarde, indien nie minder nie. Waarom?”

“Mevrou, uhm, ek bedoel Drieka,” stamel die agent senuagtig voort. “Die huis...um...hulle sê die huis spook.”

Dit neem Drieka ’n paar sekondes om die woorde te verwerk voor sy luidkeels uitbars van die lag. 

“Glo my, geen spook sal byhou met al die geraamtes in mý kas nie!” skater sy. 

“Dis perfek, maar ek is nie gister gebore nie,” sug sy nou, die irritasie steeds duidelik in haar stem.

“Ben en Armand sal gek wees oor die huis, spook en al! Dis my buite-egtelike tienerseuns indien jy wonder,” lag sy  voort. 

“As my geraamtes nie genoeg is om spoke uit te dryf nie, sal hulle hormone dit wel doen! “Wanneer kan ons intrek?”

Dit sal ook net Ma wees wat ’n spookhuis kies,” sê Armand met die intrapslag terwyl hy sy rugsak sommer by die ingangsportaal neergooi. 

“Dit sal net jy wees wat dit regkry om ’n leë huis dadelik deurmekaar te maak,” snou Ben hom toe nadat hy amper oor die rugsak geval het. Hy skop dit eenkant.

Drieka wil nog raas, maar besluit om die gesprek in ’n ander rigting te stuur.

“Wel, dis ruim, modern en het die swembad en braaikamer wat ons nog altyd wou hê.”

“En ’n spook,” voeg Armand by met ’n reuseglimlag op sy gesig. “Ek is honger.”

“Julle is altyd honger!” lag Drieka. “Maar gelukkig het ons vriendelike bure wat ’n mandjie met beskuit en koffie oorgestuur het.”

“Ek moet sê, Ma het die bure ook goed gekies,” knipoog Armand. “Daar is ’n baie mooi meisiekind hier langsaan. Ek skat haar so 16.”

“Benewens kos is dit ook al wat jy op jou brein het,” sê Ben ergerlik.

“Ben en Armand sal gek wees oor die huis, spook en al! Dis my buite-egtelike tienerseuns indien jy wonder,” lag sy voort.

“Toemaar, my tweelingboetie,” terg Armand, “Mamma het geweet jy sukkel ’n bietjie, toe kry sy maar vir jou ’n inwonende spookmeisie!”

Drieka kan nie help om te lag nie. “Toe nou, julle twee, kom ons gaan eet beskuit.” Ma, Wat is die storie met die spook?” vra Ben.

“Ek weet nie regtig nie,” sê Drieka. “Die huis is 20 jaar gelede gebou. So 10 jaar gelede het die eienaars ’n braaikamer aangebou en hier en daar verbeterings aangebring en die huis verkoop. Die nuwe eienaars het gekla die huis spook, maar kon die oorspronklike eienaars nêrens opspoor nie.”

“Sedertdien het eienaars glo gekom en gegaan. ’n Jaar gelede het ’n gesin die huis gekoop en totaal oorgedoen – en gesê hulle glo nie in spoke nie.”

“Perfek! Nes ons,” haak Ben af. Drieka glimlag en vat ’n groot hap karringmelkbeskuit.

“Daar was wel glo probleme met die bouery. Gereedskap en boumateriaal het gereeld verdwyn en is altyd gevind op die ingeboude bankie by die braai. Altyd netjies uitgepak in ’n rytjie. Party werkers sweer hulle het goed fisiek sien beweeg.”

Drieka vat ’n groot sluk koffie. “Die nuwe gesin het ingetrek en ná minder as ’n maand weer uitgetrek. En van toe af het die huis leeg gestaan.”

“Kom ons gaan kyk na die bankie by die braai!” sê Ben. “Regtig, Sherlock Holmes? Jy glo dit tog nie regtig nie?” spot Armand sy broer. 

Armand se blou Adidas-rugsak lê op die bankie. Hy byt hard op sy kake en laat hoor: “Soms kan jy ’n regte idioot wees, Ben!” en ruk sy rugsak van die bankie af.

“En nou, Ben? Presies wat het jy nou hieruit afgelei?” vra hy sarkasties. Ben ignoreer sy broer, maar kyk stip na sy ma. “Ma het nog niks gesê van die spook nie. Wat doen sy of hy?”

“Die huis is 20 jaar gelede gebou. So 10 jaar gelede het die eienaars ’n braaikamer aangebou en hier en daar verbeterings aangebring en die huis verkoop. Die nuwe eienaars het gekla die huis spook, maar kon die oorspronklike eienaars nêrens opspoor nie.”

“Dis glo ’n sy. En sy maak almal wakker. Elke aand,” sê Drieka. “Sy sal nie gaan rus voor sy elkeen in die huis gelei het tot by die braaiplek nie. Dan gaan sit sy glo op die bank en verdwyn.”

Ben lyk baie geïnteresseerd. “Weet ma dalk wie die eerste eienaars van die huis was? En is die Wi-Fi al gekoppel, want ek het navorsing om te doen?”

“Werklik, Ben! Jy is ’n regte bleeksiel. Jy en jou verdomde spook hou my net nie wakker nie,” laat hoor sy boet.

“Maar Armand...jy glo mos nie in ­spoke nie?” terg Drieka. “Ek kan vir jou uitvind, Ben,” sê sy met ’n glimlag, “en die Wi-Fi sal vanmiddag werk.”

Drieka neem die laaste sluk van haar warm melk en sit die koppie op haar bedkassie neer. Sy is doodmoeg; vanaand slaap sy soos ’n klip. 

Die seuns het haar vandag teen die mure uitgedryf. As sy nie sukkel om hulle uit die swembad te kry nie, is hulle besig om soos ruspes deur die kombuis te gaan. Ben is totaal en al behep met die spookstorie, en sy is seker dis Armand wat gereeld stilletjies van hul goed op die bankie gaan pak by die braai. 

Sy skakel haar bedlig af en raak so te sê dadelik aan die slaap.

“Maaa! Maaa!” weergalm gille benoud deur die huis. Drieka spring verward regop, eers heeltemal deurmekaar oor waar sy is, maar storm binne sekondes na haar seun se kamer. Armand lyk of hy ’n spook gesien het, en wel, blykbaar het hy ook. ’n Vrou.

Ben is net geïnteresseerd in hoe die spook gelyk het, maar hy lyk ook maar effens vaal.

“Ek slaap nie alleen in die kamer nie,” protesteer Armand. “Ek bring my matras; ek kom slaap by Ma.”

“Maar Armand...jy glo mos nie in ­spoke nie?” terg Drieka. “Ek kan vir jou uitvind, Ben,” sê sy met ’n glimlag, “en die Wi-Fi sal vanmiddag werk.”

“Ek ook,” laat hoor Ben. Binne minute het Drieka se kamer twee matrasse en twee tienerseuns bygekry. Sy is egter so moeg dat sy amper dadelik aan die slaap raak. Dié keer op die seuns se aandrang met die bedlig aan.

Drieka word wakker. Die bedlig is af.  En daar staan sy sowaar. Die spook. 

Drieka sit regop in haar bed. “Wat wil jy hê?” vra sy. “Want ek wil regtig net vanaand slaap.”

Albei seuns is nou ook wakker en staar verskrik na die spook wat in die deur staan. 

“Nou toe,” sê sy, seker vir haarself, die spook en die tweeling. “Wys my.”

Die drie stap agter haar aan tot by die braaiplek waar sy op die bankie gaan sit en verdwyn. 

Drieka gaan klim yskoud en vies terug in die bed. Gaan dit nou ’n gereelde ding wees, wonder sy. 

Sy is te selfsugtig om ’n hond te hê wat sy in die middel van die nag moet uitvat, en nou loop sy agter ’n spook aan.

Vertel my dit was ’n droom,” mompel Ben terwyl hy nog met toe oë aan die ontbyttafel sit. 

“Ongelukkig nie,” antwoord Drieka, “en Ben, die eerste eienaars se name was glo Frik Eksteen en sy vrou, Maria.”

Sy is te selfsugtig om ’n hond te hê wat sy in die middel van die nag moet uitvat, en nou loop sy agter ’n spook aan.

Ben is opeens wawyd wakker en hardloop kamer toe om sy tablet te kry.

“Nou wie is jy nou? Ghostbusters?” vra Armand sarkasties vir Ben toe hy weer by die tafel kom sit. 

Dit lyk nie eens of Ben hom gehoor het nie. En dis ook waar hy die hele oggend sit terwyl Armand die buurmeisie probeer beïndruk met sy dapperheid om in ’n spookhuis te bly.

Teen laatmiddag kom Ben by haar kamer ingestorm. “Ma moet dadelik die polisie bel. Hulle moet die bankie kom opkap!” Sy woorde rammel teen die spoed van wind. 

“Ben!” probeer sy hom kalmeer. “Haal diep asem en begin voor, asseblief.”

“Ma, sy kan nie tot rus kom nie – die spook – want sy is in die bankie! Ma het mos gesê die braaiplek is 10 jaar gelede gebou...en dit het eers daarna begin spook.”

“En jou punt is?” wil Drieka weet. 

“My punt is dat ek met die tannie hier langsaan gepraat het – die een wat heeltyd deur die gordyne loer. Sy sê Maria Eksteen het tydens die bouery verdwyn. Haar man het gesê sy kuier by haar ouers op Mosselbaai en kyk solank vir ’n ander huis. Maar met my bogemiddelde intelligensie kon ek haar ouers opspoor en volgens haar ma word sy al van daardie tyd af vermis. Ek dink hy het haar vermoor en in die braaibankie toegemessel. En nou kan sy nie rus nie.”

“Dis onwaarskynlik, Ben,” laat Drieka sugtend hoor. “Ek dink regtig nie die polisie gaan ons ernstig opneem nie. En jy gaan beslis nie ons nuwe huis begin opkap nie.”

“En Ma het ’n beter plan?” skree Ben en storm uit die kamer. Sy hoor sy kamerdeur toeklap.

“Ek dink Ma moet die polisie bel,” sê Armand met groot oë. Kort voor lank wemel die huis van die polisie en speurders.

Dalk moes sy Ben maar die verdomde bank laat opkap het, dink sy toe sy omdraai om te slaap die aand. Die twee seuns snork al op hul matrasse. 

Weer word die gedoente met die spook daardie aand herhaal. Drieka is hoogs beneuk. 

Die seuns is ook nie op hul beste nie, maar moet noodgedwonge die staptog saam aandurf.Ben en Armand se oë is skaars oop die volgende oggend. 

“Ons gereedskapskis het wonderbaarlik oornag op die sementbankie verskyn,” sê sy. 

Hulle kyk haar ongelowig aan, maar spring toe albei op en haas hulle na die braaikamer. 

Hulle begin kap en hamer en sy dra koffie en broodjies aan. Sy is seker die bure gaan hulle vir rusversteuring verkla.

Skielik weergalm dit met: “Maaa! Maaa!” Drieka dink nog vies daar skort duidelik niks met haar seuns se stembande nie, maar staan versteen toe sy hulle bereik en ’n wit kopbeen tussen die bakstene sien uitsteek.

“Ek dink Ma moet die polisie bel,” sê Armand met groot oë. Kort voor lank wemel die huis van die polisie en speurders.

“Konstabel,” waarsku Drieka, “jy beter sorg dat die vrou vandag hier uitkom. Sy is erger as ’n hond wat ons elke aand moet uitvat. Sy wil rus. En ek ook.” 

Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.