Hy spartel om uit die droom los te kom. Toe hy eindelik sy oë oopkry, is hy nog half verward en moet hy eers ’n paar oomblikke stil lê om hom te oriënteer. Die bekendheid van die kamer in die vroegoggendskemer kom geleidelik na hom terug.

Vreemd dit neem so lank om perspektief te kry. Hy slaap immers al byna 25 jaar in dié kamer in dié bed. En tog was dit daardie deurmekaar nag van 35 jaar gelede wat hom weer gisteraand vasgevat het.

Dit was so werklik, hy voel nou nog die donker water oor sy kop sluit, voel hoe sy voete vergeefs op soek na vastigheid karring. Sy selfoon lui op die bedkassie. Hy lê ’n oomblik, onmagtig om hom heeltemal van die verskrikking van die droom los te skeur.

Dan antwoord hy sonder om te kyk wie dit is: “Vasili, goeiemôre.”

“Hallo, Vasi.”

Hy glimlag toe Margaretha se stem helder in sy oor opklink.

“Hoe gaan dit met die kinders? Almal nog gesond? Kuier jy lekker?” vra hy.

Hy was omtrent 10 toe hul vreedsame wêreld wankel. Soldate het Praag ingeval.

“Baie goed. Ja. En ja. Ons wens net jy kon ook hier gewees het. Alles nog reg by die huis? Jy nog oukei?”

Sy gedagtes gaan onwillekeurig terug na die verskrikking van daardie afgryslike nag. Af en toe kon hy daarin slaag om sy longe desperaat vol lug te trek terwyl sy kop vir ’n paar sekondes deur die oppervlak gebreek het.

Hy weet nie hoe lank hy teen die koue stroom baklei het nie. Dit het in elk geval soos ure gevoel. Toe hy weer vastigheid onder sy voete voel, het hy geen benul gehad van waar hy is nie. Nog minder het hy geweet wat van die res van die gesin geword het.

Hy het net-net daarin geslaag om sy liggaam moeisaam tot op die rivieroewer te sleep voor hy sy bewussyn verloor het. Toe hy ure later bykom, het die son al hoog gesit en sy eerste gedagte was om skuilplek te kry. Hy het intuïtief geweet die ander is nie naby nie; was hulle in die omgewing, sou hulle hom gekry het.

Hy het tussen die lang gras en bosse op die rivieroewer ingekruip en homself tot kalmte gemaan. Hy moes dink wat hom te doen staan. Hy was nie seker waar hy is nie. Was hy nog in Tsjeggo-Slowakye of het hy al die Oostenrykse grens oorgesteek?

Hy sou vir eers maar alle mense moes vermy. Sy gedagtes was ’n warboel. Hy het aan sy gesin gedink, gewonder of sy ma-hulle en die drie jonger kinders veilig was. Hy weet sy pa sou hom kom soek het as hy kon.

“Vasi?” O ja, Margaretha. “Dit gaan nog goed hier. Mis jou net baie. Maar ek gun jou die tydjie by die kinders. Sê groete vir almal. Ek wens ek kon daar wees. Miskien volgende keer.”

“Ja, die kinders wil jou graag weer sien. Maar ek moet eers groet. My lugtyd raak min. Sien jou een van die dae. Mooi bly.”

“Dankie vir die bel. Lekker kuier! Tot siens.”

Sy gedagtes bly terugdwaal. Terwyl hy gewag het dat dit donker word, het hy weer die gelukkige, sorgelose dae in Praag onthou. Hul huis was altyd vol vrolike stemme en mense wat lag. En musiek. Sy pa en ma het albei viool gespeel en sy ma het vioollesse gegee. O

m die draai van hulle het mnr. Misja gewoon. Hy was wyd en syd vir sy goeie viole bekend. Hulle het self twee van sy viole gehad. Mnr. Misja se viole was gesog en het getuig van fyn vakmanskap.

Namate hy as vioolbouer bekendheid verwerf het, het hy sy viole begin nommer. Binne-in elkeen het hy sy naam en ’n nommer aangebring. Op hul viole het die nommers 144 en 145 gestaan.

Hy was omtrent 10 toe hul vreedsame wêreld begin wankel. Soldate en tenks het Praag binnegeval om die opstand teen die kommunisme te onderdruk. Hulle het byna vier jaar lank met die bedreiging saamgeleef voor sy pa besluit het hulle het nie ’n toekoms in hul geliefde geboorteland nie.

Op ’n nag het hulle gevlug. Sy pa het een van die viole saamgeneem, want hy het gedink hulle sou miskien daarmee hul brood kon verdien deur les te gee of êrens te speel. Hul toekomsplanne was onseker.

Gelukkig het Margaretha oor sy pad gekom. Hulle is getroud en eindelik het hy sy eie gesin gehad.

Sy pa, ’n ingenieur, het gehoop hy sou êrens ’n werk kon kry. Hy het gepraat van Suid-Afrika; ’n hele klomp Tsjegge het reeds daar ’n heenkome gevind. Vasili Komensky gooi die komberse van hom af. Dit sal nie help om langer te bly lê nie; hy sal tog nie weer kan slaap nie.

Hy stap kombuis toe en giet water in die ketel. Terwyl hy wag dat die water kook, dink hy terug aan daardie jare voor hy daarin kon slaag om na Suid-Afrika te kom. Hy was 14, te jonk om regtig te werk, en hy was bang hulle stop hom êrens in ’n kinderhuis. Hy het los werkies gedoen en geleidelik sy pad na Switserland gevind. Sy kennis van viole het hom gehelp om aan die lewe te bly deur die fynbesnaarde instrumente te herstel.

Toe hy 18 is, het hy eindelik na Suid-Afrika gekom. Hy kon nooit vasstel of sy ouers ooit in die land aangekom het nie en sy jare lange soektog het nooit vrugte afgewerp nie. Gelukkig het Margaretha oor sy pad gekom. Hulle is getroud en eindelik het hy sy eie gesin gehad.

Hul twee seuns is terug op hul pa se voetspore en het hul brood in Europa gaan verdien.

Met Kersfees om die draai was dit nie vir hom moontlik om saam met Margaretha vir hulle te gaan kuier nie. Hy moet in die orkes speel en viole moet herstel word. ’n Vervelige Kersfees lê dus vir hom voor. Dit is miskien waarom ’n verlatenheid vanoggend oor hom kom lê het soos in sy alleenjare in Europa ná hul vlugtog wat hulle uitmekaar laat spat het.

Hy is bly dit is vandag Saterdag en dat hy nie hoef te gaan werk nie. Soos altyd wanneer hy die droom gehad en die verlede so fel beleef het, voel hy heeltemal gedreineer.

Hy’s in die tuin besig toe hy die hekkie se skarniere hoor skree. Hy het weer vergeet om dit te olie. Hy kom effens stram orent en kyk vraend na die jongerige blonde vrou en ewe blonde meisie wat voor hom tot stilstand kom. Hy skat die vrou se ouderdom op ongeveer 40, so 10 jaar jonger as hy.

Die viooltas in haar hand vertel hom waarom sy hier is. Sy glimlag en lyk ietwat onseker. “Verskoon my, meneer, is ons op die regte plek? Is u die viooldokter?”

Hy knik en steek sy hand uit: “Noem my sommer Vasili. Aangename kennis.”

“Aangename kennis. My naam is Henriëtte en dit is Sunet.”

Sy wys na die meisie. “Ons het gehoor u herstel viole?” Hy hoor die vraag in haar stelling en knik weer met sy kop.

“Dis reg, ja. Waarmee kan ek help? Maar wag, kom ons gaan eers binnentoe.”

Hy maak vir hulle die voordeur oop en wag dat hulle binnestap. Die koel skemer van die ou huis vou om hulle.

“Sjoe, dis warm buite. En hier is dit so lekker koel,” laat die vrou hoor. “Ja, die mure is taamlik dik en ons hou die gordyne toe wanneer dit so warm is. Kom, ons stap deur na my werkkamer toe.”

Sy oog vang die naam aan die binnekant. Sy hande verstil. Op die hout is ’n naam en onder die naam ’n nommer. Sy vingers voel-voel oor die instrument, asof hulle wil bevestig sy oë sien reg. Sy stem is skor toe hy opkyk en na die vrou kyk.

Hy trek vir hulle elkeen ’n stoel om sy werktafel uit. “Sit gerus. Nou ja, kom ons kyk wat die probleem is.”

Hy maak die vioolkas oop en lig die viool versigtig uit. Dit is ’n ou instrument en hy streel liefkosend oor die gepoleerde hout, glad van baie jare se hanteer.

Sy oog vang die naam aan die binnekant. Sy hande verstil. Op die hout is ’n naam en onder die naam ’n nommer. Sy vingers voel-voel oor die instrument, asof hulle wil bevestig sy oë sien reg. Sy stem is skor toe hy opkyk en na die vrou kyk: “Waar kry u die viool?”

“Voel u sleg, meneer? Vasili? U is doodsbleek.”

Sy spring vervaard op, kry ’n glas en skink vir hom ’n bietjie water. Dan hou sy dit na hom toe uit, maar hy skud sy kop stadig. Neem tog ’n slukkie.

“Waar kry u dit?” herhaal hy sy vraag.

“Die viool het eintlik ’n interessante storie. Dit kom uit Praag en is in die 1960’s gemaak. Suid-Afrika het nie baie van dié viole nie. U het die nommer binne-in gesien. Dis 144. Dit is al baie jare in my man se familie.”

Hy kyk met verskerpte aandag na haar. “U het nie u van gesê nie?”

“Komensky.” Sy kyk verstom hoe trane skielik in die grys-groen oë vorm.

Vasili huiwer op die stoep terwyl sy oë gretig oor die rustige Oukersaand-toneeltjie in die sitkamer dwaal. Die gordyne is nie heeltemal diggetrek nie en hy verkyk hom aan die kinders wat naby die geskenke onder die Kersboom kuier.

Hy sien die onbekende-bekende gesiggies wat herinner aan dié uit sy eie kindertyd. Bloed van sy bloed. Voor die televisiestel bondel die ouer kinders saam. Op die gemakstoele sit die volwassenes en gesels, Henriëtte se gesig blosend van opgewondenheid oor haar geheim.

Daar sit sy ma en pa langs mekaar op die bank. Haar hand rus op sy been. Hulle is grys, maar lyk heel goed vir mense anderkant 70 jaar. ’n Traan loop oor sy wang en hy vee dit met sy regtervuis af. Toe steek hy sy hand uit na die deurklokkie.