Arno Groenewald byt op sy onderlip. Hy het nou omtrent al elke onderdeel van oom Herman se windpomp vervang, maar die silindersuier wil net nie aan die gang kom nie. 

Die voetklep is in ’n uitstekende toestand – dit is die enigste ding wat die suier se werking kon kortwiek.

“Daar is tog genoeg ghries,” mompel hy. Hy het kwoteer om die windpomp in een dag aan die gang te kry, en as dit hom langer gaan neem, gaan hy teen ’n verlies moet werk. 

Hy klim weer teen die stellasie op en gaan elke liewe dingetjie na wat kan of moet beweeg.

“Dit maak nie sin nie,” sug hy. 

“Elke part draai op sy eie, maar die spul wil nie saam funksioneer nie. Iewers moet iets fout wees...”

Hy loop met sy selfoon in ’n sirkel tot hy sein kry.

“Jacob, dis Arno. Nee, goed dankie, en daar?” 

Hy luister ’n rukkie na Jacob en sê dan: “Ek is hier op oom Herman Stander se plaas. Hy het my gevra om na sy windpomp te kom kyk.” Dan verduidelik hy wat hy gedoen het. 

“Dis oor dit die 20ste Februarie is. Daai ding gaan nou presies drie dae so stil staan. En dan gaan dit sommer self weer aan die werk kom. Jy sal sien,” sê Jacob.

“Wat bedoel jy?”

“Ek is laas jaar ook gevra om na die pomp te kom kyk. Ek was drie dae aanmekaar daar en het die hele ding uitmekaargehaal en weer aanmekaargesit. Twee keer. En op dag drie begin die kop toe net skielik self draai.

“Ek kon sweer ek het ’n jong meisie hoor lag, maar dit moes my verbeelding gewees het. Of dalk sonsteek, want daai pomp staan in die middel van nêrens,” sê Jacob.

Die voetklep is in ’n uitstekende toestand – dit is die enigste ding wat die suier se werking kon kortwiek.

“En wat het oom Herman gesê?”

“Niks. Net sy skouers opgehaal en my betaal. Nes hy met Frikkie die jaar voor dit gedoen het.”

“Wil jy my vertel oom Herman doen dit elke jaar?”

“Dit lyk my so,” sê Jacob.

Arno pak sy gereedskap weg terwyl hy na die windpomp kyk. Hy ry stadig daar weg, sy gedagtes by dit wat Jacob hom meegedeel het, en hou dan by Herman se huis stil. 

Dié sit op sy enorme stoep, ’n beker tee in die hand.

“En toe, Arno’tjie? Draai sy al?”

“Oom, wat weet oom van die windpomp af wat oom met niemand deel nie?” val Arno met die deur in die huis.

Herman verstik aan sy tee. “Nou wat bedoel jy dan nou?”

“Oom kry blykbaar elke jaar iemand uit om na die windpomp te kyk. Op dieselfde tyd.” Hy kyk reguit na Herman.

“My magtie, Arno. Ek het dit nooit eens besef nie,” jok Herman met ’n reguit gesig. 

“Niks. Net sy skouers opgehaal en my betaal. Nes hy met Frikkie die jaar voor dit gedoen het.”

“Wag, ek gaan haal gou my kwitansieboek om seker te maak oor die datums.”

Hy staan moeisaam op en verdwyn by die voordeur in. Dan keer hy terug met ’n stokou boek. Hy blaai van agter af vorentoe. 

“Jip, laas jaar...” Dan blaai hy weer. “En die jaar voor dit.” En so gaan dit aan. 

Arno hou telling tot Herman voor in die boek kom.

“Sestien keer! Wil oom vir my vertel die herhaling van die datum het nooit verdag voorgekom nie? Die windpomp het 16 jaar ná mekaar op dieselfde tyd ophou werk. Ek wil weet hoekom.” 

Herman se bokbaardjie bewe soos wat hy na woorde soek.

“Nee, jimmel, boetie, ek is mos nou nie ’n waarsêer nie. Hoe sal ek weet?”

“As alles wat Jacob gesê het waar is, dan sal die windpomp self weer begin werk op die 22ste. Nie waar nie?” Hy kyk na Herman. “Nes elke jaar.”

“Mm, dit is omtrent reg.”

“Weet oom of die windpomp dieselfde gedoen het in die jare voor die kwitansieboekie? Oom is mos nou die derde geslag Standers wat hier boer.”

“Interessante vraag daardie.” Maar dis ook al wat Herman sê voor hy sy tee klaar drink. 

“Weet oom of die windpomp dieselfde gedoen het in die jare voor die kwitansieboekie? Oom is mos nou die derde geslag Standers wat hier boer.”

“Jinne, kyk waar staan die tyd. Ek moet gou dorp toe,” brom hy en loop weer in die huis in.

Arno pers sy lippe saam. Ek gaan nie rus voor ek agter die kap van die byl kom nie, dink hy. Hy bel weer vir Jacob toe hy op die hoofpad kom en vertel hom wat hy wys geword het. 

“Wat vertel jy my nou!” fluit Jacob. “Minstens 16 jaar?”

“Dis net ongehoord,” sê Arno. 

“Gaan jy môre weer terug om te kyk of die windpomp draai?” vra Jacob.

“Niks gaan my keer nie,” belowe Arno.

“En oormôre gaan ek heeldag daar sit en net na die windpomp kyk om te sien of dit self begin werk.”

Daardie aand aan tafel praat Arno met sy ma oor die windpomp. 

“Februarie?” sê sy ingedagte. “Ek wil my verbeel daar het iets op daardie plaas gebeur. Donkiejare gelede. Maar of dit nou Februarie was, sal ek nie kan sê nie.”

“Wat het gebeur, ma?”

“Herman se jongste suster het die een of ander ongeluk gehad. Net daar op die plaas. Sy was nog eendag by die skool, en die volgende dag het sy net nie opgedaag nie. Ons het weke later gehoor sy is oorlede.

“Haar lyk is eers gekry drie dae nadat sy dood is. Niemand wou ooit vertel hoe sy dood is nie.”

Ek gaan nie rus voor ek agter die kap van die byl kom nie, dink hy. Hy bel weer vir Jacob toe hy op die hoofpad kom en vertel hom wat hy wys geword het.

Sy ma sit haar vurk neer.

“Jy kan altyd begraafplaas toe gaan. Die datum sal mos op die grafsteen wees.”

Die volgende oggend ry Arno deur die begraafplaas na Herman se windpomp toe. Annetjie Stander is op 20 Februarie 1976 dood. Sy was 14 jaar oud. 

Die windpomp is steeds stram.

“Draai tog!” skel hy hardop en word yskoud toe hy ’n meisie hoor giggel. Hy kyk om hom rond. Daar is niemand. 

Dan stoot hy sy ken uit, haal diep asem en sê: “Annetjie, ek weet dis jy!”

’n Sterk wind steek skielik op en stoot vasbeslote teen die windpomp se lemme. Staal skuur teen staal soos wat die lemme protesterend briek aanslaan. 

Arno vererg hom en klim teen die stellasie na bo. Hy is vasbeslote om iemand ’n les te leer – wie, weet hy nie – en druk met sy volle krag teen een lem. “Draai nou!” sis hy. 

Die lem gee skielik mee, alle weerstand van vroeër verlore. Arno weet wat volgende gaan gebeur en daar is niks wat hy daaraan kan doen nie. 

Hy tuimel in stadige aksie agteroor en tref die droë grond met ’n dowwe geluid. 

Net ’n oomblik lank voor hy sy bewussyn verloor, kan hy die meisie duidelik sien. Haar oë vol trane. 

Sy wou hom keer, maar kon nie. Dan word alles swart.

Net ’n oomblik lank voor hy sy bewussyn verloor, kan hy die meisie duidelik sien. Haar oë vol trane.

Herman klim uit sy bakkie. Hy stap versigtig nader aan die windpomp; hy kan Arno op die grond sien lê. Hy druk sy hand teen Arno se nek. Sy hart klop nog. Ons sal sien hoe lank, dink hy.

Annetjie leun teen die leer langs die windpomp. “Vat hom hospitaal toe, Herman. Jy kan hom nie laat doodgaan soos wat jy met my gedoen het nie!”

Herman gooi sy bakkie se sleutels na Annetjie. “Jy het gesoek daarvoor!”

“Wat bedoel jy?”

Herman grinnik. “Ek het gehoor pa gaan my onterf en die plaas vir jou los. Ek moes ’n plan maak. Geen simpel meisiekind sou haar kloue op my erfgrond lê nie!”

“Is dit hoekom jy van Grieta...ontslae geraak het? 

“Sy wou van jou skei en dan sou jy die plaas moes verkoop?”

“Net so,” lag Herman. “Soos ek gesê het, geen vrou sal my van dié grond vervreem nie.”

Arno kan hoor hoe Herman se bakkie vertrek. Hy maak met moeite sy oë oop. Daar is geen teken van Annetjie nie. 

Dan rol hy stadig tot op sy sy. Hy kreun van die pyn en weet instinktief ’n hele klomp van sy ribbes is af. Die skuiwery na die bakkie is tydsaam. 

Annetjie leun teen die leer langs die windpomp. “Vat hom hospitaal toe, Herman. Jy kan hom nie laat doodgaan soos wat jy met my gedoen het nie!”

Sentimeter vir sentimeter beweeg hy tot hy langs die bakkie lê.

Jy moet op, Arno. Of hulle kry jou ligdag dood hier, dink hy. Elke beweging is ’n marteling en hy kan eindelik by sy selfoon uitkom. Hy bel dadelik vir Jacob.

“Waar is jy? Ek het jou seker al 20 keer gebel,” skel Jacob.

“Die windpomp,” fluister Arno voor die pyn te veel raak en hy weer sy bewussyn verloor.

Hy word in die hospitaal wakker en sien sy ma in ’n stoel langs sy bed sit. 

Elma vlieg op. “Suster! Hy is wakker!” roep sy opgewonde. 

“Jy het my ’n groot skrik gegee, hoor,” raas sy.

“Jy het by die dood omgedraai. Ses gebreekte ribbes, jou een long het platgeval, en van jou rugwerwels is gekraak. Hoe jy nie dood is nie, weet niemand.”

Toe Jacob kom kuier, vertel Arno vir hom wat hy gehoor het.

“Nee, man, ’n spook wat praat? Is jy seker?”

“Hoe sal ek weet wie Grieta is?” vra Arno.

“Jy het by die dood omgedraai. Ses gebreekte ribbes, jou een long het platgeval, en van jou rugwerwels is gekraak. Hoe jy nie dood is nie, weet niemand.”

“Ook weer waar.” Jacob skud sy kop. “Wragtie, ’n spook wat praat,” prewel hy verbaas voor hy loop.

’n Hengse kabaal vind in die ongevalleafdeling plaas en Jacob staan nuuskierig nader. Maar dis mos...

“Herman Stander,” sê die ambulansman uitasem. 

“Dit lyk of sy oorpak in die ratwerk van sy windpomp verstrengel geraak het. Dit het hom gewurg, en hy het geen pols gehad toe ons hom gekry het nie. Ons sukkel al van die plaas af om hom aan die lewe te kry, maar dit is beslis ’n kode blou, P4.” 

“Wat is ’n kode blou, P4?” vra Jacob die een verpleegster. 

“Iemand wat oorlede is en nie gered kan word nie,” lig sy hom in.

Jacob staan net ’n oomblik lank stil voor hy na Herman se plaas toe ry. Hy knik sy kop tevrede.

Die windpomp draai weer. Vanself. 

Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.