Ek staan in die skadu van die bosse sodat die verkyker se lense nie in die laatson weerkaats nie. 

Hulle is ongeveer 10 mense wat laggend in ’n halwe kring sit terwyl ’n 2 L-wynbottel die rondte doen. Hulle is jonk, vrolik en bruingebrand. 

Die kragtige lense verskuif na die vrou wat so effens eenkant sit. Effens is dalk lig gestel, so ’n hardpraatstem ver. 

Ek kan net haar gesig se profiel effens sien, wel, die goue hare wat welig en lank om haar skouers hang. 

Van hier af sou ek reken sy moet ouer as die ander wees. Ek begin skuldig voel en wil net die verkyker wegsit, toe staan sy op en roep na die ander. 

Hulle moes geantwoord het, want sy draai om en kom in my rigting gestap. 

Sy is beeldskoon; ek reken so in haar mid-40’s. Die lang romp wapper vrolik om haar bene, en ek kan sien haar middel is slank. 

Ek verstel aan die verkyker en laat dit op die lieflike gesig vassuig. My oë het my nie misgis nie; sy huil. 

Die trane loop stadig, kronkelend oor haar wange, maar haar kop is trots omhoog.

Ek is in die bosse, byna teenaan die rotse, so ek sal ongesiens kan wegbeweeg. Die vraag is net: Wil ek wegbeweeg? 

Ek druk die verkyker in die rugsak, gaan hurksit en kyk na haar. Sy loop satynvoet oor die rotse, en die sand klou aan haar kaal voete. 

Sy kyk na waar my sakkie mossels lê en maak ’n afkeurende gebaar met haar kop. 

Die trane spat in ’n silwer sproei van haar wange af en sy vee met die rugkant van haar hand oor haar oë.

Hierdie meisie is te mooi om te huil; of wil sy dalk spring? Onbewustelik hardloop my gedagtes ’n rigting in.

Ek sien Helga se liggaam voor my oë, drywend in die skuimwater tussen die rotse. 

Sy is beeldskoon; ek reken so in haar mid-40’s. Die lang romp wapper vrolik om haar bene, en ek kan sien haar middel is slank.

Die beeld van haar ruk my orent uit my skuilplek en ek stap vorentoe. Haar goue hare swiep toe sy van my bewus word skuins langs haar op die rots. 

Haar oë rek verskrik en ek kyk my te pletter in die grasgroen daarvan. Haar hande vlug verskrik na haar gesig toe en sy tree agtertoe.

“Wag, hokaai! Jy sal afneuk...afval!” probeer ek my woorde red. Ek vergeet ek praat in Afrikaans.

Deur die skok en trane glimlag sy betowerend en my asem vlug soos ’n verskrikte kolhaas uit my longe.

“Ekskuus, jy het my laat skrik.” Haar Afrikaans is beter as myne.

“Ek het gehoor van die mal...” Sy kyk vinnig weg, maar ek het die ligrooi skynsel op die albastergladde wange gesien.   “...e...kluisenaar wat hier bly.” 

Sy kyk nou stip na my. In die grasgroen oë is net seer en ’n mistigheid. “Die man wat op die rotse sit en skryf en skryf en dan die papier in die water werp. Is dit jy?”

Daardie soet-hartseer glimlaggie ruk tot in my sandale. “Die mal kluisenaar? Ja, dit is ek en ek skryf gediggies en roof-afrukstories wat ek in my vuis verkreukel en dan in die water slinger.” 

Ek glimlag skeefweg. Sy lag saggies en steek haar regterhand uit. “Elaine Weyers.”

Haar handjie is klein, sag en warm, maar dit skroei tot in my groottone. “Ek’s Gerhard Brandt.”

Sy wys na die mossels. “Is dit joune, Gerhard?”

“Jis, ek het net die pot en so gaan haal toe ek julle sien.” Ek draai om en gaan haal my rugsak uit. “Toe sien ek julle daar en trek terug in die bosse.”

Die groen oë omsingel my en kelder my skugterheid. “Jy, bang vir mense, Gerhardt?” Daar is fyn spot, maar ook emmers vol hartseer in haar oë.

“Elaine, nie regtig bang nie.” Ek kyk na haar en raak verlore in die groen kykers. “Eerder bang om seer te kry.” Die seer ontplof in haar oë en die vol onderlip bewe liggies. 

“Soos jou seer, meisiekind.” Omdat ek is wat ek is, vra ek: “Hoekom huil jy? Elaine, jy kan oopmaak; dié is die rotse, die sand, die see en die mal kluisenaar; en ons luister graag.”

Trane stroom ongehinderd oor haar wange. “Hy’t my ná sewe jaar gelos...vir my jonger suster. Ek kon hom nie ’n kind gee nie; sy het wel – twee van hulle.” Sy huil nou harder en ek tree nader en gee haar my sakdoek.


“Kom sit hier op die rots,” nooi ek haar vertroostend uit.

Met een sagte snik vat Elaine my hand. Ek lei haar na die volgepropte rugsak, haal ’n handdoek uit en kussing dit op die rots. 

“Sit hier, asseblief.” Ek help haar om te sit. “Gaan jy saam mossels eet?”

“Asseblief, Gerhard. Sal lekker wees.” 

Elaine druk die sakdoek onder haar oë en glimlag verwese.

Ek skep die pot vol seewater, kry ’n paar droë dryfhoutjies bymekaar en maak dit brand. 

Toe haal ek die groter stukke hout uit die rugsak. Ek vroetel in die sak en bring die bottel Treintjiewyn te voorskyn. “Ek het nie ’n glas nie, maar maak jy saam?”

Elaine se lag klok bokant die see se gerammel uit.

“Treintjie? Ek verlang sommer terug na my studentedae. Dit is lekker!” en sy hou die groen bottel na my toe.

“Villiersdorp Kelders, hanepoot en jerepigo. Lekker...maar moenie dat dit jou flous nie; dit stamp soos ’n lokomotief.”

“Ek vertrou die kondukteur.”

Ek voel skoon duiselig. “Ete word hier op Rotsburg voorgesit, en dan stop ons op die towerduin.”

“Dit klink fantasties, Meneer die Kondukteur.” Sy steek haar hand uit.

Ek gee die bottel vir haar. Die water begin borrelend gesels en ek gooi die mossels in. “Ek dink ek moet jou vertel!”

Sy knik net en heel natuurlik vat sy my linkerhand.

“My vrou het my gelos vir ’n ryk man; dit was nie ’n goeie huwelik nie. Sy’t sy kind verwag en toe haarself om die lewe gebring.”

Elaine tel my hand op, druk dit effens. “Ek is so bitter jammer. Hoe het sy haar lewe geneem? As jy wil praat, luister ek graag.”

“Sy’t gespring.” Die see bulder hard en die golwe se speekselsproei spat op ons gesigte. Ek praat teen haar oor. “Sy’t van die rotse af gespring.”

Ek trek haar ook orent, help haar oor die rotse tot by die hoogste punt.

“Sy’t gespring.” Die see bulder hard en die golwe se speekselsproei spat op ons gesigte. Ek praat teen haar oor. “Sy’t van die rotse af gespring.” 

“O! Dit is afgryslik. Ek is so jammer vir jou, Gerhard.” 

Sy klou my vas en haar snikke is bokant die see se verwytgeraas hoorbaar. “Asseblief, kom ons gaan weg van hier.”

Die mossels is reg toe ons by die pot kom. “Dè!” Sy vat die wyn by my en neem twee groot slukke. 

“Kan ons asseblief hier weggaan?” Sy trek my hand in die rigting van die groot duin. “Is jy nog lief vir haar?”

Ek gooi die gaar mossels in ’n bak, kry die wyn en prop die handdoek in die rugsak.

“Nee, my liefde het gesterf toe sy my bedrieg het.” Ek gooi die rugsak oor my regterskouer. “Kom ons loop.” 

Ek vat haar linkerhand en begin in die rigting van die duin stap.

“Wat maak jy dan hier?” vra sy. Die groen oë pluk die woorde uit my hart.

“Die verlange het my hierheen gedryf.” My antwoord is sag en gelate.

“Hoekom is jy nog hier, Gerhard?” Daar is ’n dringendheid in haar stem.

“Ek probeer ’n roman skryf en die rotse maak ’n uitstekende lessenaar.” Ons is by die duin en ek hou haar hand stewiger vas. “Kom, volg my en trap in my spore.”

Haar asem jaag effens van moegheid toe ons die kruin bereik. Ek skeur my oë weg van haar pragtige gelaat en gooi die handdoek op die duin oop. 

“Kom sit, Elaine.” Ek help haar en gaan sit langs haar. Sy skuif self op sodat haar regterskouer onder my linker nestel.

“Kyk!” Haar stem is sag in my oor. Die maanlig verkleur die sand na silwer en die sterre lag sag en vreugdevol vir ons. Hier op die duin waar ’n mens se drome waar word.

“Dis so mooi hier, Gerhard, so asof ons op ’n ander planeet is.” 

Sy buk oor en vat die wyn, hou eers vir my en dan sluk sy.

“Dis ’n towerduin, Elaine.” Ek raak doe­nig met die mossels; sy strooi swartpeper en knoffel daaroor uit.

“Dè!” Ek bring die mossel na haar mond. Sy maak haar oë toe en smak haar lippe vir die genot daarvan voor die mossel in haar mond verdwyn.

“Heerlik. Nou jou beurt.” Sy lag helder en sorgeloos. “Jou snor en baard kielie my vingers.”

Ons drink wyn, voer mekaar mossels en gesels die afstand tussen ons paaie stukkend; dan maak ons dit gelyk.

“Dit word laat.” Ek kyk na die rosige lippe en dit bring ’n warm gevoel in my binneste.

“Wil jy nou al gaan?” Teleurstelling lê swaar op haar stem; daar’s ’n mistige uitdrukking in die groen oë.

“Nee, ons bly hier tot die maan die duin betower.” Sy leun effens na links.

“En daarna?” vra sy spontaan. Sy haal ’n selfoon uit haar roksak en druk ’n knoppie. 

“Ek wil my vriende net laat weet ek is veilig en hulle hoef nie vir my te wag nie.”

“Ons sal elke volmaan op hierdie duin sit, vir net solank jy wil,” verseker ek haar en ek weet ek bedoel elke woord wat ek sê.

“Ons duin, van nou af en elke dag daarna.”

Ek weet nie wanneer die volmaan opgekom het nie. Sy was in my arms, in my hart en in my siel.

“Kyk!” Haar stem is sag in my oor. Die maanlig verkleur die sand na silwer en die sterre lag sag en vreugdevol vir ons. Hier op die duin waar ’n mens se drome waar word. 

Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.