Kareedouw se mense is gek oor hierdie tyd van die jaar. Enigeen wat ekstra Kersversierings het, hang dit oral in bome op hul sy­paadjies op. En mense met winkels in die hoofstraat van die dorp versier Riebeeckstraat se pale in allerhande kleure.

Dis die eerste ding wat Simoné Klopper raaksien toe sy op 20 Desember vinnig op die dorp stilhou om ’n paar goedjies te koop. Ek het die plek gemis, dink sy met ’n glimlag. Net die plek, nie sekere mense soos Herman de Villiers nie, voeg haar gedagtes steeks by.

“Nou toe nou, is dit nie ons Simonétjie nie?” skree ’n ou vrou opgewonde van die oorkant van die gang af in die Janomi-sentrum. 

“Mense, en het jy nie mooi uitgesit op al die regte plekke nie?” Tannie Debbie. ’n Oudontvangsdame by die Hoërskool Paul Sauer in Keetstraat. Simoné plak ’n vals glimlag op haar ­gesig en staan stil terwyl Debbie in haar rigting waggel. 

“Wat maak jy hier, kinta? Ek het gehoor jy is die een of ander hoëprofiel­advokaat of ’n ding. Heeltemal anders as die rabbedoe-hoërskooldogter wat almal se gaaie geskop het in pluimbal,” knipoog sy.

Maar Simoné weet Debbie bestudeer haar liggaam terwyl sy praat om te sien of sy nog die gespierde ledemate het van ’n sport wat sy op provinsiale vlak gespeel het.

“Dis lekker om Tannie weer te sien,” lieg sy met ’n advokaatgesig, “maar ek moet ongelukkig gou ’n paar goedjies kry voor ek huiswaarts keer.”

“Ek is so jammer om van jou pa te hoor,” fluister Debbie kliphard met ’n hand op Simoné se arm. 

“Wat van my pa?” 

“Genade, kinta, vertel niemand vir jou enigiets nie?” vra sy grootoog. “Hy het kens geword!”

Kareedouw se mense is gek oor hierdie tyd van die jaar. Enigeen wat ekstra Kersversierings het, hang dit oral in bome op hul sy­paadjies op. En mense met winkels in die hoofstraat van die dorp versier Riebeeckstraat se pale in allerhande kleure.

O, is dit wat ’n mens iemand noem wat op byna 60 ’n Harley-Davidson aanskaf? wonder Simoné. “Kan ek Tannie ’n geheim vertel?”

“Natuurlik,” knik Debbie haar kop so vinnig dat haar kalkoennek sukkel om by te bly.

“Ek het vir my ’n Tomahawk-motorfiets gekoop,” fluister Simoné. “Een met ’n sykarretjie.”

“Jy...ek...oe, kyk waar staan die tyd,” blaas die vet vrou. “Ek moet gaan. Toedels,” skuur sy by Simoné ver

Herman se ma, Alida, was vasbeslote om haar seun hierdie Kersdag by die huis te hê. 

Sy was glad nie ingenome met die feit dat hy ’n takhaar-motorfietsryer geword het sedert sy gradeplegtigheid ’n paar jaar gelede nie. 

Sy pa draai in sy graf om, daar waar hy naby John Vorster begrawe is, oor die doen en late van sy oog­appel.

“Ma, ek is nie meer drie jaar oud nie,” het Herman gedurende die foonoproep gemor. “Ek het my eie planne vir die feestyd.”

“Jy sal jou bas Kersdag hier hê of daar is moeilikheid!” Herman het met ’n sug afgelui.

Simoné ry later verby haar ou hoër­skool voor sy die Langkloofpad na hul plaas aandurf. Sy het nie haar ma laat weet sy kom nie, maar sy weet dat sy altyd welkom is.

“Jy sal jou bas Kersdag hier hê of daar is moeilikheid!” Herman het met ’n sug afgelui.

Heleen was in haar noppies toe Simoné in die kombuis instap. “Genade, my kind, ek staan nou net aan jou en dink,” glimlag sy. 

“Ek dog dat jy dalk weer vanjaar oor die besige Kerstyd vir die wêreld gaan wegkruip. Ek weet hoe woes jou lewe is met al die rondvlieg en internasionale hofsake waarby jy betrokke is.”

“Maar ek kan mos hier ook wegkruip, Mamma,” terg Simoné. “Die naaste bure is 500 hektaar ver.”

“Og, jou pa het besluit om vanjaar al wat leef en beef hierheen te nooi. Dis nie aldag dat ’n mens op Kersdag 60 word nie,” lag Heleen.

“Ugh! Mams is nie ernstig nie!”

“Ek is. Maar moenie dat dit jou wegjaag nie. Die vierings is in die skuur, en as jy nie vir mense lus is nie, kan jy mos vir die dag in die huis wegkruip,” sê Heleen. 

“Ek hoop nie dat jy dit sal wil doen nie, want Paps sal jou graag by sy partytjie wil hê.” Simoné sug. “Wie is almal genooi?”

“Ek het geen idee nie. Hy het die uitnodigings self gestuur en my gevra om eetgoed vir 60 mense te reël. Sestig mense vir sy 60ste verjaardag,” lag Heleen. “Dis darem nie te veel nie, en Kattie sal hand bysit.”

Kattie is ’n bobaaskok en woon al haar hele lewe lank hier op die De Villiers-plaas.

“Ek sal gesig wys, maar as dit druk raak, gaan ek vlug. Ek waarsku Ma solank,” mompel Simoné terwyl sy in die reuse-yskas soek na iets om te drink.

“Daar is tuisgemaakte gemmerbier in die yskas in die spens as jy daarvan wil drink. Ek het al daarvan vergeet,” stel Heleen voor.

Nie eens die pragtig versierde ontbyttafel en seënwense en soene van albei haar ouers laat die gevoel wyk nie.

Die dae vlieg verby, en op Kersdag staan Simoné met ’n knop op haar maag op. Selfs op skool het sy groot groepe kinders vermy, en vandag gaan hier ’n klomp mense vir haar pa se verjaardag opdaag.

Nie eens die pragtig versierde ontbyttafel en seënwense en soene van albei haar ouers laat die gevoel wyk nie.

Teen elfuur weet sy hoekom. ’n Klomp motorfietsryers parkeer hul blink gevaartes in ’n netjiese ry langs die skuur af, en die eerste persoon wat sy valhelm afhaal, ruk haar gedagtes dadelik terug na haar matriekjaar jare gelede.

Dit was op hul matriekafskeid waar ’n klein oorlog as gevolg van haar uitgebreek het. Eben was van plan om Jane daardie aand ná die geleentheid te verlei. Hy het ongesiens haar pons gedokter en aangehou om Jane bietjies-bietjies van die drank in te gee. 

Simoné het gou agtergekom haar vriendin begin snaaks optree en ’n slukkie van die pons geneem. 

Sy kon dadelik die alkohol daarin proe en het daarmee na Eben gestap en die vol glas in sy skoot uitgegooi.

’n Chaos het dadelik geheers. Eben wou haar te lyf gaan oor sy duur broek wat nou weggesmyt moet word, en al sy ryk pelle het hulle by hom geskaar. Herman het haar eenkant toe getrek en vir haar gesê om die spul uit te los, want hulle is moeilikheidmakers. Sy het vir hom van die gedokterde drank vertel, en sy antwoord het haar laat ontplof. 

Sy wou nie skielik bewus word van Herman se diep kuiltjies en grasgroen oë nie. Haar enigste reaksie was om hom op sy maermerrie te skop en huis toe te gaan. 

Vir die res van hul skooldae het sy hom soos ’n melaatse vermy en sy was bly toe sy nooit weer sy koggelende blikke ná die insident moes verduur nie. Tot vandag toe.

Sy oë is steeds smaraggroen. Sy kuiltjies steeds daar, verskuil onder ’n netjiese baard. Rooi tinsel is om sy motorfiets se handvatsels gedraai. 

Sy kyk hoe hy sy valhelm agter hom op die sitplek neersit en sy leerhandskoene in stadige aksie afhaal en oor die tinsel hang. 

Dan swaai hy sy gespierde been van die fiets af en wag dat die ander ryers om by hom aansluit. 

Al hierdie aksies terwyl hy nie een keer sy oë van Simoné afhaal nie.

’n Paar voertuie daag ook op en Simoné sien Herman se ma is ook een van die gaste. Sy kyk in ’n ander rigting terwyl sy by haar seun verbyloop en omhels Simoné toe sy haar raaksien. 

“Genade, meisiekind, dís nou ’n verrassing!” glimlag sy vriendelik. “Kom stap sommer saam met my na die skuur toe. Ek wil hoor waar jy die afgelope klompie jare weggekruip het.”

Almal neem eindelik hul sitplekke in en Simoné kyk oral behalwe in Herman se rigting. Haar pa is die ene grappe gedurende die kort toespraak wat hy lewer. 

“En die motorfietsgogga blyk ’n familieding te wees,” sê hy en knipoog vir Simoné. “My dogter het vir haar ’n 1963-Tomahawk-motorfiets met ’n sykar aangeskaf.” 

Luide applous volg van die meeste van die gaste. Alida se lippe glimlag styf, maar haar oë is koud.

“En nou, mense, kan ons wegval aan die heerlike vingeretes wat Heleen en Kattie met groot liefde berei het voor ons lekker gaan skoffel.”

Simoné pik net hier en daar aan ’n paar happies en vra haar ouers of hulle haar sal verskoon toe die orkes, almal boere in die omgewing, hul plekke agter die instrumente inneem.

Op pad huis toe sien sy Herman by sy motorfiets. Sy het geen ander keuse as om by hom verby te loop nie.

“Ek het steeds die merk,” sê hy in ’n egalige stem toe sy by hom verbygaan. Simoné gaan staan en draai stadig om. “Watse merk?”

“Daar waar jy my geskop het, natuurlik. In matriek,” voeg hy moedswillig by. 

“Maar danksy jou en daardie skop het ek besluit om sielkunde te studeer. Want ek wou weet hoe jou kop werk,” sê Herman tong-in-die-kies.

“Is dit nou nie toevallig nie! Ek het regte gaan studeer om ouens soos Eben vir onbesonne dade te laat boet.”

“Dankie tog. Ouens soos hy hoort agter tralies. Maar terug by die wit hael wat oor my maermerrie lê...Ek dink jy skuld my ’n koffie vir die skade aan my ledemaat.”

Simoné sien hoe die kuiltjies in sy wange induik toe hy glimlag. 

“Dis goedkoop genoeg. Volg my kombuis toe,” nooi sy, bly dat sy vanjaar plaas toe gekom het. Anders sou sy nooit van die wit merk geweet het nie...

Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.