Dis te goed om waar te wees – ’n parkeerplek reg oorkant die veilinglokaal én onder ’n koelteboom? 

Adriaan McGregor kan sy geluk nie glo nie. “Kaap van Goeie Hoop, lyk my jy hou net goeie beloftes in vir dié dag,” sê hy vir homself.

In die ruim voorportaal hang die ­aroma van koffie, maar hy gaan eers registreer voor hy na die toonbank met die rye wit koppies beweeg. 

Daar is ’n vrou voor hom...’n vrou met ’n roesbruin vlegsel langs haar kop.

Hy wag dat sy haar tee kry en is vir ’n oomblik dronkgeslaan toe sy die koppie met die Oosterse teesakkie onder die koffiekraantjie hou.

“Die urn met kookwater is links,” probeer hy keer, maar dis te laat.

Sy kyk nie om nie, begin net weer die proses van voor af. Toe sy omdraai met die vars koppie tee in haar hand, kyk Adriaan in ’n paar grysgroen oë vas. 

Hy wil iets sê, maar kan skielik nie ’n woord uitkry nie. Sy lyk vir hom kompleet soos een van die porseleinbeeldjies, deel van ’n waardevolle versameling op vandag se veiling.

“Jammer dat ek jou opgehou het. Ek is totaal uit my gemaksone.”  

“Mm, jou eerste keer?” vra hy, verlig dat sy stem terug is. “Jy sal gou regkom.”

Adriaan McGregor kan sy geluk nie glo nie. “Kaap van Goeie Hoop, lyk my jy hou net goeie beloftes in vir dié dag,” sê hy vir homself.

Hy kan hom verkyk aan die vrou in haar ligte persblou truitjie en sagte, vloeiende geblomde broek wat by die enkels vasgevat is. Hy hou die bord met toebroodjies vir haar.

“Ek is Adriaan.”

“Elizabeth,” sê sy en spreek elke sillabe duidelik uit.

“O, jy is nie ’n Lizzie of Lisa of...” “Nee,” val sy hom in die rede. “Ek reageer nie op een van daardie variasies nie.”

“Dis gaaf. Maar nou die groot vraag: Wat maak Elizabeth vandag hier? Ek sien jy het geregistreer.”

“Ek het iets in gedagte. Ons sal maar sien. Ek was nie gister by die uitstalling nie, maar het ’n katalogus.”

Adriaan brand van nuuskierigheid. Sou sy gekom het vir die silwerware, die Oosterse porselein of vir ’n skildery? 

Hy het sy visier op ’n Marjorie Wallace-skildery, en toe hy dit gister by die voorlopige uitstalling vir die eerste keer sien, het dit sy verwagtings oortref. Dit is wat hy wil hê...moet hê.

Elizabeth verdwyn in die menigte wat nou die portaal vol staan. Ná ’n geselsie met een van die kunskenners gaan soek Adriaan vir hom ’n sitplek in die saal. Hy kry een twee rye skuins agter Elizabeth.

Die veiling begin met die silwerware, gaan dan oor na die indrukwekkende porselein. Adriaan hou Elizabeth dop. 

Sy lyk baie geïnteresseerd in alles, maar maak geen aanstaltes om te bie nie. 

Dan het sy gekom vir ’n skildery, besluit hy. Maar watter een? Of sou dit meer as een wees? As sy net nie so geheimsinnig was nie.

Met die teepouse moet hy omtrent sy pad oopbeur om by haar uit te kom.

“Watse gebrousel drink jy dié keer?” terg hy. Sy lag, maar moet wegdraai toe haar selfoon lui. Adriaan wil nie afluister nie, maar kan nie help om tog ten spyte van die geroesemoes van stemme te hoor wat sy sê nie. 

Hy kan aflei dat sy op ’n spesifieke skildery wil bie – ook dat dit nie sommer ’n saketransaksie is nie, maar ’n emosionele saak. 

Elizabeth verdwyn in die menigte wat nou die portaal vol staan. Ná ’n geselsie met een van die kunskenners gaan soek Adriaan vir hom ’n sitplek in die saal. Hy kry een twee rye skuins agter Elizabeth.

Daar is ’n dringendheid in haar stem toe sy die persoon vra om tog aan haar te dink.

Terug in die saal begin die bieëry op die skilderye. Adriaan voel aan dat daar nou ’n heel ander stemming heers – een van opwinding, mededinging. Die Wallace-­skildery is nog nie aan die beurt nie. 

Elizabeth is doodstil. Sê nou, sê nou net hulle twee het dieselfde teiken? Nee, sê hy vir homself, moenie laf wees nie. Die toeval sal darem net te groot wees.

Die agente wat namens voornemende kopers bie en hul aanwysings per selfoon kry, maak hom onrustig. Dit is asof jy teen spoke bie. 

Skielik verskyn die Wallace op die skerm. Daar is nogal heelwat belangstelling – ongelukkig ook ’n paar uit die ry spookbieërs en...nee, dit kan die waar wees nie! 

Daar gaan Elizabeth se hand op. Die skok. Nou is sy kaarte heeltemal deurmekaargekrap. 

Oombliklik besef hy dit is waarvoor sy gekom het, net soos hy. Maar nou is hier ’n stem binne-in hom wat sê: Jy kan dit nie aan haar doen nie. 

Hy onthou haar woorde in die selfoongesprek van vroeër. Hy bie nie verder nie.

Die stryd is teen dié tyd tussen Elizabeth, een van die selfoonbieërs en ’n waardige, silwerharige ou heer. 

Die spanning loop hoog, maar tot Adriaan se vreugde onttrek die ander twee en die bod word op Elizabeth toegeslaan. 

Hy sou bitter graag haar gesig wou sien, maar sy glip vinnig by die naaste uitgang uit.

Hy gaan by een van die beamptes flikflooi vir Elizabeth se nommer. Hy wil baie graag die hele storie hoor, en, belangriker, hy moet haar beslis weer sien.

Op pad na sy suster se huis in Tamboerskloof, waar hy vir die tweede aand gaan oorbly, dink hy aan die dag wat so wonderbaarlik uitgedraai het. 

Hier is hy nou terug by Marina-hulle, leë hande, maar onverklaarbaar gelukkig, eintlik uitgelate. 

Wat het met hom gebeur dat hy die Marjorie Wallace so maklik kon laat gaan? 

Terug in die saal begin die bieëry op die skilderye. Adriaan voel aan dat daar nou ’n heel ander stemming heers – een van opwinding, mededinging. Die Wallace-­skildery is nog nie aan die beurt nie.

Dit is so teen sy aard. Hy haal sy selfoon uit om Elizabeth te skakel, maar op daardie oomblik bel sy. 

“Hallo, Adriaan. Dis Elizabeth hier.” 

“Ek hoor dis jy. Maar hoe het jy my nommer in die hande gekry?”

“Maak nie saak nie. Sê maar ek is ’n goeie speurder.”

“Waar is jy? Is jy nog in die Kaap?”

“Ja, ek bly oor in ’n gastehuis, maar wil eintlik net dankie sê...”

“Waar in die Kaap?”

“Tamboerskloof in ’n plek met die naam Heidehuis.”

Tamboerskloof? Heidehuis? Dis seker 200 m van hom af. Hierdie wonderbaarlike dag is nog lank nie verby nie.

“Kan ek by jou ’n draai maak? Ek wil graag weer na die Wallace kom kyk?”

“Ja, natuurlik.”

Toe sy vir hom oopmaak, lyk sy baie verbaas. Sy het hom klaarblyklik nie so gou verwag nie. Sy is kaalvoet en haar vlegsel het losgekom. Hy staan in die deur en kyk die vertrek goed deur.

“Wat is dit? Jy kan maar regtig binnekom.”

“Ek maak net seker jou man of jou kêrel is nie hier nie. Ek krap nie in ander se slaai nie.”

“Ek het nie slaai nie. Wel, nie meer nie.”

“So jy het gehad?”

“Ja, maar ek het weggedoen daarmee. Dit...dit wou nie vars bly nie.”

“Gaaf. Dan kom ek in.”

“En jy?” vra sy.

“Wat van my?”

“Het jy slaai?”

“Nee, nie eens ’n groen blaartjie nie. Maar kan ek nou asseblief na die skildery kyk en dan gaan trek jy jou skoentjies aan, want ons gaan die koop behoorlik vier. Sommer hier bo by Fyn Pikkewyn.”

“Kom terug aarde toe, Elizabeth. Ons het glasies om te klink en baie om oor te gesels. Jy het vanoggend in my lewe ingestap, my wêreld omgekeer en ek weet nog niks van jou nie.”

Hy haal die skildery uit sy verpakking en hang dit teen die muur waar hy ’n prent verwyder het. Saam staan die twee die skildery en bewonder. 

Nie een sê ’n woord nie. Dit is asof die oomblik net te groot is. Adriaan loer na Elizabeth en sien haar oë is vol trane.

Elizabeth voel dadelik tuis in die gewilde kroegie. Dit is so knus en gesellig. 

Adriaan hou heeltyd sy arm beskermend om haar skouer, en toe hulle ’n privaat hoekie aangewys word, skuif hy tot dig teen haar aan. 

En sy laat dit haar welgeval, want sy hou van hierdie man met sy mooi geaardheid en goeie maniere. 

Haar ouma sê mos dis die belangrikste eienskappe wat jy in ’n man moet soek.  

Haar gedagtegang word onderbreek toe Adriaan sy vinger onder haar ken sit.

“Kom terug aarde toe, Elizabeth. Ons het glasies om te klink en baie om oor te gesels. Jy het vanoggend in my lewe ingestap, my wêreld omgekeer en ek weet nog niks van jou nie.”

“Ek kan dieselfde van jou sê, Adriaan.”  

“Nou goed. Laat ék begin. Ek is ’n doodgewone ou, 30 jaar oud, ongetroud. Boer in Drakenstein en het ’n passie vir kuns. In so ’n mate dat ek ’n ou skuur op my plaas in ’n kunsgalerytjie omskep het.”

“Wat! Nou laat jy my eers skuldig voel oor die Wallace.”

“Vergeet dit, Elizabeth. Dit was my keuse. Kom, dis jou beurt en moenie die Wallace-storie vergeet nie.”

“Ek is 28 jaar oud, ongetroud. Werk vir ’n tydskrif van my huis op Onrus af. So een keer per week kom ek stad toe vir my artikels. Ek het ’n ma en ’n broer. Die Wallace-storie is eenvoudig. My pa is in my finale jaar aan universiteit onverwags dood, en hoewel hy goeie voorsiening vir my ma gemaak het, het sy kontantvloeiprobleme ervaar. Sy wou nie die bank se hulp aanvaar nie. Sy is ’n baie praktiese en nugter mens en het eenvoudig die Wallace verkoop om my studie te betaal.”

“Dis waar, maar ek is nie vir een oomblik spyt nie. Wie weet, dalk het ek ’n plaasvervanger van ’n ander soort – baie mooier, baie kosbaarder en ’n beter belegging – in gedagte.”

“Dit was net ’n grote toeval dat ek gesien het die skildery is weer in die mark. My ma weet niks hiervan nie. Dit gaan ’n groot verrassing vir haar wees. Ek was gelukkig om onlangs van my ouma ­Frances erfgeld te ontvang en kon die skildery terugkoop.”

“Ek is so bly vir jou,” sê Adriaan.

“Dankie, maar nou het jy nie ’n Mar­jorie nie.”

“Dis waar, maar ek is nie vir een oomblik spyt nie. Wie weet, dalk het ek ’n plaasvervanger van ’n ander soort – baie mooier, baie kosbaarder en ’n beter belegging – in gedagte.”

Elizabeth bloos, maar kyk hom vas in die oë toe hy sy hand oor hare sit.

“Jy het die mooiste oë, Elizabeth. Het jy geweet dat groen oë die skaarsste in die hele wêreld is?”

“Kan ons iets oor iets anders praat? Jy maak my skaam.”

“Ons kan, ja. Dalk oor die samoesas?”

“Iets verkeerd daarmee?”

“Nee, dis nie dit nie. Dis net...dit kort ’n slaai.”

“Nou wat stel jy voor, meneer fyn­proewer?”

“ ’n Slaai, my liewe E-l-i-z-a-b-e-th met baie olywe, feta én hope vars blare wat goed by hierdie voortreflike wyn sal gaan.”

Elizabeth giggel. “Dit kan werk.” 

Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebook en teken gerus in op ons nuusbriewe.