“Jy sal my herken aan die rooi angelier op my lapel,” het hy laf gesê toe sy haar aankomstyd bevestig.

“Los die angelier. Jy hoef maar net te praat,” het sy teruggekaats.

Marcella Grundlingh glimlag en skuif gemakliker in die vliegtuigsitplek. In die aankomsaal gaan sy vandag vir die heel eerste keer in Johannes Davidsz se grysbont oë kyk.

Sy maak haar oë toe om hulle te laat rus in opdrag van dr. Ben Schoeman in Genève. Kan dit al amper drie jaar gelede wees toe sy Johannes die eerste keer ontmoet het? 

Saamgepers in haar geheue is dit ’n kitsverhaal. “Overture tot die begin van ’n lewe.” Sy giggel. ’n Sepietitel.

“Ek het hom ontmoet,” het sy begin tik.

Sy en haar kamermaat, Elsje, was teater toe – ’n vertaalde Franse stuk oor die Russiese revolusie. Die jong “Russiese rebel” wat sy makker groet: “Welkom, broer!” 

Sy stem wat deur die ouditorium vibreer. Haar hart wat in haar borskas bokspring.

Marcella draai haar kop na die vliegtuigvenstertjie, haar oë steeds toe. Sy ruik selfs die naglug daardie aand in Pretoria, soel en soetswaar van jasmyn- en katjiepieringgeur.

Sy en Elsje was woordeloos op pad terug koshuis toe tot Marcella die stilte verbreek het. 

“Jy sal my herken aan die rooi angelier op my lapel,” het hy laf gesê toe sy haar aankomstyd bevestig.

“Ek het hom ontmoet, vanaand. My droomman. Ag, ek bedoel, ek het hom gehoor.”

Met haar hand op Elsje se arm voel Marcella haar vriendin verstyf. “Hoe nou? Hoekom sê jy my nou eers?” 

“Maar ek sê jou mos nou.”

“Iemand wat ek ken?”

“Nee. Een van die akteurs.” 

Elsje gaan staan botstil sodat Marcella amper struikel. 

“Stadig, kam!”

“Jammer, vriendin. Hier sukkel ek en Cas al maande om vir jou ’n man te kry met ’n behoorlike beroep sodat jy eendag jou passies op die verhoog kan uitvoer sonder om honger te ly. En hier gaan staan en val jy in jou laaste jaar vir ’n mede­akteur – die swakste belegging wat jy kán maak in die manlike spesie!”

“So ’n melodramatiese betoog hoort in ’n hofsaal!”

“Jy’s ernstig,” het Elsje ná ’n ruk gesê.

“Ja,” sê Marcella sag. “Al ken ek hom nie, voel dit of ek sy stem herken het uit ’n voortyd.”

Elsje het gou binne hul eerste jaar as kamermaats bewus geraak van die anderse sensitiwiteit van hierdie blinde meisie wat kom drama studeer het.  

“Watter een?”

“Die hoofkarakter, die digter. Weet jy wat sy naam is?”  

“Nee, maar, hy hét ’n anderster stem en hy ís aantreklik.” 

“Sy stem is ’n musiekinstrument, maar hy skram nie weg van wanhoopsklanke wat soos metaalvere span en jou emosioneel dreineer tot...tot lighoofdigheid nie.”

Marcella het ná haar ma se dood ’n asmatiese toestand ontwikkel, en die behandeling het agteruitgang van die kornea veroorsaak.

“Genadetjie tog,” kreun Elsje. “Ons sal môreaand weer móét gaan sodat jy hom kan ontmoet.”

Terug in die koshuiskamer het Marcella haar brailletikmasjien aangeskakel – haar toevlug wanneer selfbejammering haar wou oorweldig – iets waarvan min mense geweet het.

Nie eens haar liewe, verstrooide predikant-pa nie, al het hy sy bes gedoen met haar toe haar ma oor­lede is toe Marcella sewe jaar oud was. 

Marcella het ná haar ma se dood ’n asmatiese toestand ontwikkel, en die behandeling het agteruitgang van die kornea veroorsaak. 

Ontwikkelende blindheid het die gefrustreerde kind in ’n monstertjie verander. 

Phyllis Conradie het gehoor wat Michiel en Marcella Grundlingh oorgekom het en haar hulp aangebied. 

As kliniese sielkundige het sy empaties maar ferm Marcella se vertroue gewen en haar sover gekry om haar by haar blindheid aan te pas. 

Phyllis het haar engelvlerke beskermend om Marcella en haar pa gevou.  

Die volgende aand was Marcella huiwerig om weer na die toneelstuk te gaan kyk. 

Elsje was beslis. “Ek het klaar vir Cas gesê ons gaan teater toe, en ek gaan nié op ’n Vrydagaand soos kiepie in die koshuis sit nie.” 

Selfs hulpvaardige gemeentetannies het weggeskram van die woedende engelgesig-predikants­dogter. Toe kom ’n aardse “engel” tot almal se redding – ’n vriendin van Marcella se oorlede ma.

Ná die opvoering het Marcella met haar hand op Elsje se arm oor die verhoog na die kleedkamers gestap. Opgewonde stemme het hoorbaar geword. 

Elsje het gaan staan en Marcella het haar hoor sê: “Verskoon tog, u het mos die rol van die digter gespeel?”

“Ja.” 

“Ek en my vriendin wil u graag gelukwens.”

“Baie dankie, maar los die ‘u’, asseblief.”

Hy het gemaklik verder gesels.

“Ek wens julle was gisteraand hier. Dit was een van daardie rare kere waarvoor ’n akteur leef, wanneer inspirasie oorneem en verstand en liggaam net volg.”

“Ek weet,” het Marcella skielik gesê. “Ons wás gisteraand hier.”

“En julle’s vanaand wéér hier?”

Elsje het die stilte verbreek. “Ekskuus. Ek is Elsje Venter en dis my kamermaat, Marcella Grundlingh. Finale jaar drama.”

“Aangename kennis. Ek is Johannes Davidsz,” het hy formeel gesê.

“Ons weet, ja,” het Elsje verspot gegiggel. “Ons het vanaand ’n program gekoop.”  

Ná nog ’n stilte sê hy: “Ons drink gewoonlik ’n drankie ná die tyd in die Green Room. Mag ek julle nooi?”

“Graag,” het Marcella sag geantwoord.   

“Ja,” het Marcella opgewonde saamgestem, “en ek skat hoe ingewikkelder die sielkundige samestelling van ’n karakter, hoe interessanter raak die ontdekkingsreis om hom lewend te maak vir ’n gehoor.”

“Teater is die spieël van die gemeenskap en daar is geen groter beloning as ’n mens weet jy vind aanklank by jou gehoor nie,” het Johannes gewoon gesê ­terwyl hy rooiwyn uit ’n houer tap.

“Ja,” het Marcella opgewonde saamgestem, “en ek skat hoe ingewikkelder die sielkundige samestelling van ’n karakter, hoe interessanter raak die ontdekkingsreis om hom lewend te maak vir ’n gehoor.”  

Toe hulle groet, sê Johannes: “Ek vlieg môre België toe. Ek het ’n jaarkontrak by ’n teatergeselskap in Gent.”  

Toe omhels hy hulle om die beurt.

“Onthou my, Marcella.”

Op pad terug koshuis toe het Marcella sag gevra: “Hoe lyk sy oë?”

“Grysbont. Uitdrukkingsvol.”

’n Snik het skielik uit Marcella se keel ontsnap. “Wat gaan ek maak, Elsje? Die man is ’n kunstenaar en ek ’n blindemol!”

Elsje wou huil, maar sy het haar vriendin berispe: “Waar’t jy gehoor blinde mense mag nie liefkry nie, en ek het ’n gevoel mnr. Davidsz het die skoot net so hoog deur! Dink jy hy’s ’n sensitiewe mens of dink jy hy’s ’n gladde kalant wat elke aand ná ’n vertoning ’n paar vroumense warmpraat?”

Marcella moes lag. 

Die naweek by haar pa en Phyllis, wat intussen getroud is, het dinge begin vorm aanneem. Haar pa het gesê hy sal ’n banklening aangaan as sy ’n operasie wil laat doen, want niemand weet beter as hy dat alles moontlik is by hul hemelse Vader nie. 

“Ek is vrek bang, Phyllis,” het Marcella gebieg, “ek glo nie die man weet ek is blind nie en nou het ek die mal idee dat hy my eers blind moet aanvaar voor ek ’n operasie ondergaan.”

Die eindeksamen was op hande.

Marcella het die teoretiese vraestelle in braille in ’n spesiale lokaal afgelê, maar die praktiese gedeelte het sy saam met die ander dramastudente uitgevoer.

Toe op ’n dag, eindelik, ’n telefoonoproep van die radioregisseur vir wie sy ’n oudisie afgelê het. Hy wou ’n radio­verwerking van Anton Tsjechof se drama Drie susters doen. Sy sou die radioteks in braille moes oortik.

Sy het haar in die werk gestort asof sy op dié manier ’n geesteskommunikasie met die akteur in Gent wou bewerkstellig.

Die kamermaats het die laaste aand van hul koshuislewe deurnag gekuier. Elsje het ’n onderwyspos gekry in Pretoria, waar Cas as ingenieur sy studielening moes terugwerk. 

In Johannesburg het Marcella as vryskutaktrise begin werk soek. Sy het agter die skerms op rolprentstelle begin werk en tussendeur oudisies gedoen vir verhoog, radio en televisie.  

Toe op ’n dag, eindelik, ’n telefoonoproep van die radioregisseur vir wie sy ’n oudisie afgelê het. Hy wou ’n radio­verwerking van Anton Tsjechof se drama Drie susters doen. Sy sou die radioteks in braille moes oortik.

Marcella giggel hardop. O, die opwinding van daardie dag!  

Sy het in die voorportaal van die radio­gebou gewag om ingeteken te word.

In die ateljeedeur het Marcella met haar wit kierie bly staan. “Dis die blinde aktrise van wie Antonie ons vertel het,” het sy ’n fluisterstem gehoor.

’n Stoel het geskuif, iemand het opgestaan en haar na ’n stoel gelei. Hy het haar op haar slaap gesoen en gesê: “Hallo, Marcella.” Sy het verward aan haar donkerbril gevat en haar teks het geval. “Sit. Ek tel op.”

Hy het haar regterhand opgelig en op haar teks neergesit asof hy elke dag met blindes werk. “Hy weet!”

Antonie Yssel het ingekom, haar voorgestel en die toneelstuk begin bespreek.  

Met sy terugkoms in Suid-Afrika ná België het hy Elsje gebel en sy het hom Marcella se lewensverhaal vertel.

Johannes het die sjarmante Wersjinin gespeel. Marcella het haar verluister aan die gesoute akteurs. 

Dit was nie meer ’n radioateljee in Johannesburg nie. Hulle wás in Rusland naby Moskou op die susters se landgoed waar intellektuele gefilosofeer het oor die menslike kondisie.

Notatyd het Antonie spesiaal melding gemaak van Marcella se “vars benadering” tot die rol van die jongste suster, Irina.  

“Jy ry saam met my,” het Johannes gesê voor sy vir haar ’n Uber kon bestel.  

By sy motor het Johannes eers die passasiersdeur oopgemaak, toe omgestap en ingeklim. Hy het agter die stuurwiel ingeskuif, oorgeleun, haar gesig tussen sy hande gevat en haar op haar mond gesoen, wonderbaarlik warm en bekend.

“Hallo, Marcella,” het hy gesê. 

“Hallo...”

Teenoor mekaar in ’n restaurantjie in Melville het hy haar vertel hoe hy uitgevind het sy is blind. 

Met sy terugkoms in Suid-Afrika ná België het hy Elsje gebel en sy het hom Marcella se lewensverhaal vertel. 

“Ek was simpel om destyds nie ook my selnommer vir jou te gee nie,” het Marcella gesê.

Nou sit sy letterlik in die wolke ná ’n geslaagde operasie deur ’n Suid-Afrikaanse oogarts in Switserland – nóg iets wat deur Phyllis gereël is.

“Een van die bestes in die wêreld...én hy praat Afrikaans!” 

“Hoe kan ek jou ooit bedank vir my lewe, Phyllis?” het Marcella betraand gevra toe Phyllis en haar pa haar weg­gesien het op die lughawe voor haar vertrek oorsee.

“Jy is die dogter wat ek nooit gehad het nie, Marcella. Kom net veilig terug na ons drie – na my, jou pa en jou akteur – met die ‘grysbont’ oë.” 

Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.