Hulle het mekaar net ná middernag ontmoet. Hy het haar hoor gil en gesien hoe twee mans haar in die donker stegie insleep. 

Een het sy hand op haar mond gedruk om haar stil te maak. Sy het sy duim vasgebyt en hy het haar met ’n gil gelos. 

Daarna het dinge baie vinnig gebeur. Die twee aanvallers het soos vrot velle deur die lug getrek, opgespring en weggehardloop. 

Hulle het met ’n gewese bokskampioen deurmekaargeraak.

Die meisie was histeries en het aan skok gely. Sy het verduidelik dat sy net ’n straatblok daarvandaan woon. 

Hy het haar huis toe geneem en eers geloop toe hy seker was sy is veilig tuis. 

Hy was op pad terug na sy motor, naby die stegie, toe hy iets in die dowwe straatlig sien blink. 

Dit was die gespe van ’n skootrekenaar se drasak. Sy het dit laat val toe die aanvallers haar gegryp het, maar hulle het dit nie sien val nie. 

Dit was lank ná middernag en hy het besluit om die koerierdiens die volgende dag te vra om dit by haar woonstel af te lewer.

Hy is vroeg op kantoor en uit pure nuuskierigheid skakel hy die meisie se rekenaar aan. Ná ’n ruk rek sy oë. Dan sit hy agteroor en bars uit van die lag.

Hulle het mekaar net ná middernag ontmoet. Hy het haar hoor gil en gesien hoe twee mans haar in die donker stegie insleep.

Sy vennoot, Marelize Verster, loer by sy kantoor in. “Jy klink vrolik so vroeg in die dag, partner. Wat gaan aan?”

“Ek het pas ontdek ek het laas nag vir Robin Hood ontmoet.”

“Jy bedoel die kuberkraker?” “Ja, einste.”

“Die een wat deur die internet die rykes se geld steel en vir die armes gee?”

“Korreksie: die kuberkraker wat die skélm rykes se geld steel.”

“Ja, Robin Hood het ’n legende en soort van ’n volksheld geword,” sê sy. 

“Glo skenk hy groot bedrae geld vir liefdadigheid. Maar waar het jy hom ontmoet?”

“Robin Hood is ’n aantreklike jong vrou.” 

“Jy speel seker! En waar het jy dié besonderse dame ontmoet?” “Dis ’n lang, ingewikkelde storie.”

“Ek kan lang, ingewikkelde stories hanteer. Toe kom, vertel!”

“Ja, Robin Hood het ’n legende en soort van ’n volksheld geword,” sê sy.

Sy is verbaas en verheug toe die koeriers die aand haar skoot­rekenaar aflewer. Sy het gedink die aanvallers is daarmee vort.

“Van wie kom dit?” vra sy die man.“Die prokureursfirma Malherbe, Verster en Vennote het ons gevra om dit vir jou af te lewer.” 

“Wie daar het dit aangevra?” “Mnr. Malherbe het ons gebel.”

Dieselfde nag kry sy ’n e-pos van hom.

Hallo, Robin. Ek weet nou wat jy beplan, maar jy kan ontspan, want by my is jou geheim veilig. 

Ek sal geen woord daaroor rep nie. Ek weet nie eens wat jou regte naam is nie. 

Ek was geskok toe ek van die voormalige minister se Switserse bankrekening lees. 

Wat jy daarmee gaan doen, is jou persoonlike saak, en ek wil niks daarmee te doen hê nie. Wees net asseblief versigtig. 

Ek wil nie sien hoe ’n mooi meisie soos jy in die moeilikheid beland nie. Ek wil graag jou vriend wees en jou beter leer ken. 

Kom eet een aand saam met my, asseblief. Net ons twee sal van die afspraak weet en ons sal nie oor Robin Hood praat nie. No strings attached. 

Ignoreer hierdie e-pos as jy nie belangstel nie. In so ’n geval het ons mekaar nooit ontmoet nie. Goed so? Groete. Chris Malherbe.

Sy het lank en ernstig gedink voor sy daarop antwoord.

Hallo, Chris. Baie dankie dat jy my van daardie skurke gered het. Ook dankie dat jy my vriend wil wees.

’n Ete saam met jou sal lekker wees. Beste groete. Emma Smith.

Sy is verbaas en verheug toe die koeriers die aand haar skoot­rekenaar aflewer. Sy het gedink die aanvallers is daarmee vort.

Dis nou al ’n maand dat hulle mekaar ken en gereeld uitgaan. Eendag kom sy agter sy is verlief.

Hy het haar oor haar ouers uitgevra, maar dit was duidelik dat sy nie daaroor wil praat nie. Sy het net gesê sy het geen kontak met haar familie nie. 

Hy het tot die gevolgtrekking gekom sy het ongelukkige kinderjare gehad en besluit om nie verder daaroor uit te vra nie.

Sy is ’n rekenaarprogrammeerder en het ’n soort virusprogram geskryf wat as ’n Trojaan bekendstaan. 

Die virus word by ’n e-posboodskap aangeheg en na potensiële slagoffers gestuur. 

Die inhoud daarvan lyk soos ’n onskuldige advertensie, oftewel gemorspos. 

As die ontvanger dit oopmaak, word die virus, sonder dat die persoon daarvan weet, op die rekenaar geïnstalleer. 

Wanneer die slagoffer aanlyn gaan, stuur die virus alles wat die persoon op die rekenaar doen na Emma se e-pos­adres. 

Op dié manier kry sy die persoon se bankbesonderhede en PIN-kode. 

Sy het lank navorsing gedoen oor geldwassery en hoe om geld elektronies na banke in die buiteland oor te plaas. 

Dis nou al ’n maand dat hulle mekaar ken en gereeld uitgaan. Eendag kom sy agter sy is verlief.

Sy is ’n lid van Hacker’s Forum, waar sy as Pixie bekendstaan. Haar vriend daar, wat sy as Tiger ken, het haar onderrig. Sy het by ’n meester geleer.

Die Switserse bankier in sy netjiese snyerspak glimlag vir die blonde meisie wat voor hom sit, en ’n paar sekondes lank beskou hy haar bene. 

“Waarmee kan ek jou help, juffrou Meittner?” Sy verduidelik sy wil geld van een rekening na ’n ander oorplaas. Sy praat Duits met ’n Beierse aksent.

“Ek neem aan jy het die rekening­nommers en die oordragkodes, juffrou?”

Sy tik die 15 nommers en kodes op die klein sleutelbord voor haar.

’n Paar oomblikke van doodse stilte heers, dan bliep die rekenaar en die drukker begin die transaksie uitspeel.

Hy staan op en oorhandig die drukstuk aan haar. “Dis oorgeplaas. Alles in orde, juffrou Meittner. Enigiets anders waarmee ek kan help?”

“Nee, dit sal al wees. Baie dankie vir jou moeite, mnr. Gebhardt; ek waardeer dit.”

“Dit was ’n plesier. Geniet die res van jou besoek aan Switserland.”

Emma glimlag toe sy uit die bank stap. Sy het R50 miljoen van die voormalige minister se rekening na haar eie oorgeplaas. 

Sy is ’n lid van Hacker’s Forum, waar sy as Pixie bekendstaan. Haar vriend daar, wat sy as Tiger ken, het haar onderrig. Sy het by ’n meester geleer.

Geld wat hy by die belastingbetaler gesteel het en hier wegsteek. 

Teen die tyd dat hy agterkom die geld is weg, het sy dit reeds na ’n ander bank oorgeplaas.

Sy het al baie vir liefdadigheid geskenk, en dis nou die tyd dat sy iets vir haarself doen. 

Ja, sy sal ’n blyplek koop en weer iets aan die kinderhuis skenk waar sy grootgeword het.

Terug in Suid-Afrika bêre sy die blonde pruik, die gekleurde kontaklense en die Duitse paspoort in die naam van Ingrid Meittner.

Die sekuriteitskameras van die hotel, bank en lughawe het ’n jong vrou afgeneem met lang blonde hare en blou oë en in die besit van ’n Duitse paspoort. 

Emma Smith het bruin oë, kort bruin hare en is nie ’n Duitse burger nie. 

Volgens die amptelike rekords was Emma Smith nog nooit in Switserland nie en het sy nie eens ’n paspoort nie.

Sy stap deur die huis en bekyk die nuwe meubels. ’n Huis met ses slaapkamers en drie badkamers. 

“Emma Smith wat in armoede grootgeword het, besit nou hierdie paleis. Welkom tuis, Emma!” dink sy. Sy is gelukkig in haar nuwe tuiste, en Chris Malherbe besoek haar gereeld. 

Toe sy hom vertel hoe sy die geld bekom het om die huis te koop, het hy net geglimlag en sy kop geskud. “Dis net Robin Hood wat so iets kan regkry.”

“Emma Smith wat in armoede grootgeword het, besit nou hierdie paleis. Welkom tuis, Emma!” dink sy. Sy is gelukkig in haar nuwe tuiste, en Chris Malherbe besoek haar gereeld.

Eendag kry sy ’n e-pos van ’n lid van Hacker’s Forum wat sy as Tarzan ken: 

Hallo, Pixie – of moet ek sê Robin Hood of Ingrid Meittner? 

Ons twee moet dringend gesels. Ontmoet my Saterdagmiddag om drieuur by La Province-restaurant. Ek sal ’n swart beret dra. Groete. Tarzan.

Die boodskap het haar ontstel. Hoe weet die vent soveel van haar? Weet hy van Emma Smith? Sy voel onrustig. 

Daar is net een manier om vas te stel wat aan die gang is: Sy moet die afspraak nakom.

Toe sy die middag in die restaurant instap, sien sy hom dadelik en gaan sit op die stoel voor hom.

Hy kyk na die blonde meisie met die blou oë. “Hallo, my naam is Len Harmse. Kom ons praat besigheid, Ingrid.” “Goed, ek luister.”

“Ek weet jy was destyds in Switserland. Ek weet nie wat jy daar gedoen het nie, want alles wat in Switserse banke gebeur, is mos topgeheim. Die feit dat jy so baie moeite gedoen het, beteken groot bedrae was ter sprake.”

“Dankie dat jy die Valke gebel het en vir die foto van die afperser wat jy laas Saterdag hier geneem het, Chris.”

“Sê wat jy wil sê, Len. Wat wil jy hê?”

“ ’n Halfmiljoen rand, kontant. Dis al wat my stilswye jou sal kos.” “Dis afpersing, Len.”

“Beskou dit eerder as ’n saketransaksie.”

“Goed. Gee my net tyd om alles te reël. Dan ontmoet ek jou volgende Saterdag op dieselfde tyd weer hier om die geld af te lewer.”

Kapt. Volbrecht van die Valke tel sy foon op. “Kapt. Volbrecht, goeiemôre.”

“Môre, kaptein. Ek het inligting waarin julle dalk sal belangstel.”

“Ek luister, meneer.” “Ek weet wie Robin Hood is en waar en wanneer julle dié skelm kan vang.” Hulle gesels nog ’n rukkie.

“Kan jy vir ons ’n beskrywing van die berugte Robin Hood gee, meneer?”

“Ek stuur vir julle ’n foto, kaptein.”

Emma en Chris sit in die restaurant en kyk hoe twee polisiemanne Harmse in hegtenis neem en hom wegvat.

Hulle stap hand aan hand uit die restaurant. 

“Dankie dat jy die Valke gebel het en vir die foto van die afperser wat jy laas Saterdag hier geneem het, Chris.”

“Dis was pret, liefie. Ek het ’n bottel sjampanje by die huis. Kom ons gaan drink ’n heildronk op Ingrid Meittner.”