Dis sy allerlaaste besoek aan Europa om Margaretha Tredoux te probeer ontmoet, sê Herbert Schultz vir homself.

“Jy’t net mooi niks gehoor wat ek die afgelope vyf minute kwytgeraak het nie,” verwyt Tonie Strauss, sy vlieënierskollega en vriend.

“Dit lyk maar net so,” antwoord Herbert, maar hy weet Tonie weet. 

Die vorige twee keer dat hy haar in Europa wou gaan opspoor, is hy elke keer verhinder: ’n Politieke opstand in die Ivoorkus het gekeer dat sy vliegtuig betyds opstyg; toe is haar konserttoer afgelas weens betogings in die meeste hoofstede ná ’n terreuraanval in Parys.

Tonie het met sy universiteitstories haar beeld verskerp: Haar kop vooroor gebuig en die donker hare wat haar profiel liefkoos terwyl haar vingers die klawers vlug en seker aanraak: dartelend, huiwerend-teer, dan weer magtig en dawerend soos ’n aanstormende leërmag. 

“Jy dink aan haar; dis so duidelik soos daglig.” Ja, die afgelope sewe jaar amper deurlopend, erken Herbert aan homself. 

Die eerste keer dat hy haar gesien het, was in die verbygaan toe hulle in teenoorgestelde rigtings op die kampus op pad was. 

Wat ’n besonderse voorkoms, het hy gedink: elegant, ligvoets, lus vir die lewe, ’n wye rooi romp wat om haar slanke bene swiep. 

Haar donker oë het sy bloues ’n oomblik ontmoet en hulle het vir mekaar geglimlag. 

Hy het bly aanstap, toe weer vinnig omgeswaai om haar te stop, maar sy het reeds om die hoek van ’n gebou verdwyn.

“Jy dink aan haar; dis so duidelik soos daglig.” Ja, die afgelope sewe jaar amper deurlopend, erken Herbert aan homself.

Die tweede keer was in die musiek­ouditorium tydens die jaarlikse groot klavierkompetisie. 

Sy het Beethoven se Vyfde Klavierkonsert gespeel, die Keiserkonsert.

Die onderdrukte spanning van die nadenkende Adagio-gedeelte het hom onverhoeds betrap; hy het sy trane met moeite bedwing. 

Applous ná haar laaste akkoorde was oorweldigend. Hy het in die voorste ry gesit en saam met die res van die gehoor regop gespring. 

Sy bravo’s was dawerend. Sy het opgestaan vir haar buiging en direk in sy oë geglimlag. 

Sy herken hom, het sy hart gejubel. ’n Student het vir haar bladmusiek kom gee vir die onvoorbereide afdeling. 

Sy het rondgekyk en iets vir hom gefluister. 

Die student het vorentoe gestap en gevra of iemand uit die gehoor dalk vir haar kan blaai. Haar blaaier het nie opgedaag nie.

Met ’n sprong of twee met sy lang bene oor die steil verhoogtrappies was Herbert langs die klavier.

“Kan jy musiek lees?” het sy sag gevra. Herbert het geknik. Hy is nie verniet genoem na sy pianis-ma se groot held, Herbert von Karajan, nie. 

Sy herken hom, het sy hart gejubel. ’n Student het vir haar bladmusiek kom gee vir die onvoorbereide afdeling.

Ná matriek moes hy finaal besluit tussen musiek en ingenieurswese. 

Laasgenoemde het gewen, maar sy liefde vir musiek was deel van sy DNS.

Hy het aan haar linkerkant stelling ingeneem. 

Sy het in sy oë opgekyk, haar oë toegemaak en weer oop, en toe haar hande gelig. Ek moet haar beter leer ken, het hy vir homself gesê. 

’n Week later, toe hy by die musiekkonservatorium navraag doen, was sy reeds in die buiteland met die beurs wat sy gewen het. 

Hy kon haar seker daar kontak, maar wou nie met haar studie inmeng nie. Sy werk in Afrika het hom ook dag en nag begin besig hou.

“Kom ons drink op ons gesamentlike skivakansie dié jaar as dit jou sal laat ophou neul,” en Herbert klink met sy waterglas teen Tonie se lager. 

Hulle sit in die privaat vlugbemanningsontvangs voor Herbert moet gaan gereed maak vir sy vlug na ’n bestemming in Midde-Afrika waar hy vlieëniers oplei. 

“Desember is my en Lydia se laaste Alpe-vakansie voor ons gaan begin om een of twee Strauss-skikampioentjies te produseer.” 

Herbert lag en sluk die laaste van die water. “Dit moet moeilik wees vir ’n ou soos jy wat sy lewe beplan om iemand soos ek te ken.”

“Nee, dit frustreer my net dat jy agter ’n spook aanhol terwyl jy gelukkig kan wees soos ek en Lydia.”

“Sy’s nie ’n spook nie. Sy tree die wêreld vol op.”

“Maar sy is nie eens van jou bewus nie, of is sy?” Herbert aarsel. “Ek...ek weet nie.” 

Hy het gelees sy is nou in ’n verhouding gewikkel met iemand in die musiekwêreld, maar as ’n mens die sosiale media kan glo, is dinge nie so...

“Wat het van Teresa geword?” onderbreek Tonie sy gedagtes. “Ek en Lydia het gedink julle pas goed by mekaar.”

“Teresa wil nesskop, Tonie, op vaste aarde. Niks fout daarmee nie, maar vlieg, of dit in die lug of op klankgolwe is, is nie vir haar nie. Jy vergeet van my grootword. Beethoven en Brahms was deel van my eerste gewaarwording van lewe, nog voor my geboorte.” 

Hy het gelees sy is nou in ’n verhouding gewikkel met iemand in die musiekwêreld, maar as ’n mens die sosiale media kan glo, is dinge nie so...

Hy kyk op sy horlosie en staan op. “En toe ek die buitewêreld tref, was musiek die klank van die harmonie tussen my ouers; die argitek en musiekonderwy­seres wat nie sonder mekaar of musiek kan leef nie.”

“Musiek kan nie ’n verhouding aan die gang hou nie,” en Tonie wink na Lydia wat in die deur verskyn. Sy het in die een of ander lughawewinkeltjie gaan draai.

“Nee, maar sonder ’n intellektueel emosionele verbintenis is enige verhouding gedoem.”

Lydia omhels Herbert toe hy aanstaltes maak. “Hoe lank is die kursus dié keer?”

“Dis die finale fase, so ek skat nie ­langer as so drie weke nie.”

“Maar daarna gaan hy eers ’n draai in Europa maak by al die musieksale waar ’n sekere pianis optree.”

In ’n straatkafee in Milaan kyk Margaretha afgetrokke na die skuimpatroon in haar cappuccino. Eindelik kyk sy op.

“Jy’s reg, Daniëlle. Dalk moet ek saam met jou wegbreek. Ek tree in elk geval vroeg volgende jaar in Suid-Afrika op wanneer ek my familie elke dag sal sien.” 

Dis stil voor Margaretha se sekretaresse-vriendin eerste praat. “Ek is bly jy het besluit om die verhouding met Gérard nou finaal te verbreek.”

Margaretha se antwoord is wrang. “Toe ek hom in ’n omhelsing met Lucia sien...Dalk idealiseer ek die liefde, maar...”

“Maar daarna gaan hy eers ’n draai in Europa maak by al die musieksale waar ’n sekere pianis optree.”

“Jy het die regte ding gedoen.” Gérard Lawrenson sou jou dood as mens en kunstenaar beteken het, dink Daniëlle, hoewel sy dit nie sê nie.

Iemand so aggressief ambisieus, boonop ’n rokjagter, is nie die regte lewensmaat vir ’n romantikus soos Margaretha Tredoux nie.

“Waarheen sal ons gaan?” versteur Margaretha Daniëlle se gedagtes.“Besluit jy eerder.”

“Enige plek, van Ysland tot by die ewenaar, solank daar ’n vleuelklavier is waarop ek kan oefen. Jy weet mos as ek langer as ’n dag nie speel nie, raak ek kriewelrig.”

“Wat van die Switserse Alpe?” wonder Daniëlle hunkerend. “Ek wou nog altyd saam met ’n aantreklike ski-instrukteur glühwein drink voor ’n kaggelvuur in ’n hut in die Alpe.” 

Margaretha glimlag. “Nou ja, as jy vir ons ’n hut in die Alpe met ’n klavier in die hande kan kry, word jou glühwein-wens dalk waar. Ongelukkig kan ek nie die mooi ski-instrukteur waarborg nie.”

“Is dit nie sy nie?” fluister Lydia ’n paar maande later vir Tonie toe hulle ná ’n dag teen die skihange by die portaal van die boetiekhotel instap. 

“Wie?” “Die pianis, man. Daar by ontvangs, langs die ligtekopvrou.” Tonie trek sy asem hard in toe hy haar herken. 

“Wragtag!” ontsnap die woord oor sy lippe. Die Afrikaanse kragwoord trek Margaretha se aandag en sy kyk na hulle. ’n Glimlag helder haar gesig op. 

“Suid-Afrikaners. Dis ’n lekker verrassing.” “Wat ’n voorreg om jou te ontmoet,” sê Lydia en stap na haar toe. 

“Jy het die regte ding gedoen.” Gérard Lawrenson sou jou dood as mens en kunstenaar beteken het, dink Daniëlle, hoewel sy dit nie sê nie.

“Die swetser is my man, Tonie Strauss, en ek is Lydia. Tree jy hier op? Wat ’n wonderlike toeval,” alles in een asem.

“Nee, net ’n kort wegbrekie saam met my vriendin voor ’n paar uitvoerings in Europa. Maar as alles uitwerk, is daar vroeg volgende jaar ’n reeks konserte in Suid-Afrika.”

“U Kamersleutel, mnr. Schultz,” sê die ontvangsdame in Duits in die portaal van dieselfde Switserse hotel Oukersoggend vroeg. 

“Danke schön,” sê Herbert. Hy draai om en versteen. Margaretha Tredoux. In lewende lywe in die deur van die eetkamer. 

“Kom jy, Daniëlle?” vra sy en kyk oor haar skouer. Kyk dan terug. Sy kyk vlugtig na hom, wil wegkyk, maar dan ruk haar kop terug in herkenning. 

“Jy?” Herbert tree vorentoe en steek sy regterhand uit. 

“Mag ek my voorstel? Herbert Schultz. Ons het mekaar sewe jaar gelede by die klavierkompetisie gesien.”

“Ek weet,” sê sy sag en vat sy hand. “Margaretha...” 

“Tredoux,” voltooi hy. “Asseblief, jy hoef jou werklikwaar nie voor te stel nie.”

“Jy het vir my geblaai. Toe het jy verdwyn.” “En jy was wonderlik. Ek was so bang ek maak ’n fout, of laat die bladmusiek afgly of iets.”

“Mense noem so ’n onverwagte ontmoeting ‘toeval’, of ’n ‘sameloop van omstandighede’.“ ’n Seldsame sameloop van omstandighede.”


Hulle kyk na mekaar.“Hier is my vriendin nou. Daniëlle, ontmoet...”

“Herbert Schultz,” sê hy galant. “Daniëlle Walters.” 

“Sal julle twee asseblief vanaand saam met my en nog twee vriende eet?”

Daniëlle antwoord: “Graag.” Herbert kyk vraend na Margaretha? 

“Sê ja, asseblief.” “Ja, natuurlik. Dis net . . . dis so onverwag . . . Ekskuus . . . ek, ek klink nie altyd so onsamehangend nie.” 

“Mense noem so ’n onverwagte ontmoeting ‘toeval’, of ’n ‘sameloop van omstandighede’. ’n Seldsame sameloop van omstandighede.”

“Ek sou graag wil sê dis ’n sirkel wat voltooi word,” sê Herbert, en sag vir homself: ’n Rondo Finale.

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.