1. Kaalvoet Sokkie - Kurt Darren

As jy gewonder het hoekom jou voete skielik jeuk, is dit die lekker loslitritme van dié treffer. Dis ’n liedjie wat die dansgees binne jou sal wakker maak en jou sal aanspoor om te skoffel.


2. Rooi Rok Bokkie - Die Campbells

Skop uit jou skoene, maak los die hare en laat daai rokkie swaai! Dié heerlike treffer sal almal op die dansvloer kry. 


3. Baby Tjoklits - Gerhard Steyn

Die treffer laat al jare lank oud en jonk na die dansvloer stroom en bly maar eenmaal ’n gunsteling op trefferslyste.


4. Tafelberg vir Twee - Brendan Peyper

Trek jou liefie nader en hou hom of haar styf teen jou vas. Die liedjie laat die liefdesvlam hoog brand, want die jong man het ’n slag met woorde.


5. Stofpad - Whani Jansen 

Die lekker stoftrapliedjie sal jou laat dans. Dit sal jou die Nuwejaar op 'n lekker noot laat ingaan.


6. Laat die Dansvloer Brand - Kurt Darren

Die koning van Afrikaanse danstreffers weet net hoe om die voete te laat jeuk. Met dié liedjie sal jy behoorlik die dansvloer aan die brand dans.


7. Jaloers bokkie - Thys die Bosveldklong

As jy hou van langarm is dié lekker liedjie die een wat jou uit jou stoel sal kry. Dis klassiek en in die kol vir oud en jonk.


8. Da’ Vat Hy - Jay en Lianie May

Praat van ’n lekker liedjie! Draai die musiek harder en laat die note jou na die dansvloer lei.


9. Dorp Toe - Fatman

Dorp toe of nie, een ding is seker: Jy gaan dansvloer toe met dié aansteeklike snit van die voormalige finalis van die plaaslike sangreeks The Voice. Die liedjie sal jou wil laat skoffel en litte losmaak.


10. Tannie Tina van Wyk - Bok van Blerk

Hierdie snit met sy elektriesekitaarklanke is omtrent ’n oorwurm en sal jou nie net lekker laat lag nie, maar ook laat dans.

Lekker luister!