1. Geskeurde Jeans – Karlien van Jaarsveld

Vir almal wat eens op ’n tyd ’n somerliefde ervaar het, is dit die perfekte liedjie om jou weer te laat terugdink aan die goeie ou dae.

Die lirieke “Want dis wat jy soek en hoe jy my onthou, in my geskeurde jeans” skep ’n veelkleurige prent van die jeug. Jy sal hom sommer meer as een keer wil luister.

2. Halley se Komeet – Robbie Wessels

Van die eerste noot van dié treffende lied is dit asof ’n mens die moerkoffie en varsgebakte brood onder jou neus kan ruik.

Die lirieke: “Mamma kook vir ons bokmelk vanaand; smelt vir ons kaas in die pan,” vat jou op ’n nostalgiese reis terug na jou kinderjare. 

3. My Lewe Draai om Jou - Bobby van Jaarsveld 

Kan jy die seebries ruik? Wel, jy kan met hierdie liedjie! Dit is een van daardie snitte waar die ritme jou soos ’n vuishou tref.

Die lirieke spreek vanself. Liefde, liefde . . . oral liefde!

4. Voshaarnooi - Jakkie Louw en Kevin Leo 

Dié klassieke lied wat oorspronklik deur Louis van Rensburg geskryf is, is een van daardie liedjies wat net nie oud word nie.

Elvis Blue se weergawe van dié liedjie sal jou hoendervel gee.

5. Toe Stop My Hart - Jay en Lianie May 

Oorfone uit, maak skoon daai keel en laat waai! “Ek het ver geloop vir jou. Ek het lief geword vir jou…”

Die hedendaagse “verbode liefde”-tema is wat die hartsnare prikkel, en dis eintlik maar ’n lekker saamsingtreffer.

6. Beautiful in Beaufort-Wes - Theuns Jordaan 

Dié klassieke treffer het geen bekendstelling nodig nie.

Dit laat ’n mans hunker na ’n kampvuur en die geluid van kitaarklanke.

Theuns se diep rasperstem trek jou aandag van alles rondom jou af. Dis ’n liedjie wat vir die siel geskryf is.

7. Klein Tambotieboom - Die Heuwels Fantasties 

Dié liedjie laat jou voel dat alles okei gaan wees – maak nie saak wat jy deurgaan nie. Jy sal lustig saamsing: “Die wind sing my naam. En deur die bottels wat knak, hoor ek ’n skaterlag.” 

Dis die perfekte snit om op die oop pad jou vensters af te draai en die wind in jou hare te voel.

8. Stop, Wag, Bly Nog ’n Bietjie - Brendan Peyper 

Die kitaarsnare speel-speel so met die hart.

Die lirieke in die koor:  “Stop, wag, bly nog ’n bietjie, stywer vas wil ek jou langer hou,” is wat dié liefdeslied so treffend maak.

9. Nooit Alleen - Jo Black en Leah 

Dié twee sangers se stemme saam is baie sterk, maar die feit dat die liedjie ’n mens ’n gevoel van hoop gee dat jy nooit alleen is nie, is wat dit so spesiaal maak.

Die lirieke: “Jy is myne, myne,” herinner jou iewers daar buite dink iemand aan jou. 

10. Kaalvoet Sokkie - Kurt Darren

As jy gewonder het hoekom jou voete skielik jeuk, is dit die lekker loslitritme van dié treffer.

Dis definitief ’n treffer wat die dansgees binne jou gaan wakker maak en wil laat skoffel.

11. Êrens in die Middel van Nêrens - Elvis Blue

Die geraas van die stad is agtergelaat en daar is ’n bietjie meer tyd om te dink.

Die lirieke in die eerste vers,  “Het jy al ooit gesit in die stilte, met net antwoorde as vrae,” maak die lied een van daardie liedjies wat ’n mens laat diep dink oor dinge waaraan jy nie altyd die tyd het om te dink nie.


12. Hardekole - Ricus Nel, Adam Tas, Bok van Blerk en Refentse

Die liedjie is ’n moet vir elke speellys! Die lirieke “Saam sal ons huil en saam sal ons lag” dui op ’n eenheid wat oud en jonk sal inspireer.

Wen tot R5 000 met Caltex
Het jy al vir ons Caltex-kompetisie ingeskryf? Dit kan die maklikste manier wees om geld vir die vakansie in die hande te kry! Staan ’n kans om elke week vir die volgende drie weke R5 000 te wen – of wen die groot prys van R10 000 in die laaste week van die kompetisie! Maak eenvoudig net seker jy gooi brandstof ter waarde van R300 of meer by Caltex in, hou jou strokie en skryf hier in. Die kompetisie is van 19 Maart tot 16 April 2018.