TREFFERSNIT

Mabel (23) het Don’t Call Me Up in ’n dag geskryf. Sy wou ’n bemagtigende liedjie skryf oor ’n verhouding wat nie uitwerk nie, maar waar jy sterker anderkant uitkom, sê Mabel, wat tans enkellopend is.

‘“Om die liedjie te skryf het my gehelp om die ?situasie te verwerk, en ek hoop dit kan ook ?ander help.”

DEURBRAAK

Mabel het op vyf begin klavier speel en op ses al haar eie liedjies geskryf. Sy het in 2015 haar debuutsnit, Know Me Better, uitgereik, maar haar groot deurbraak was in 2017 toe Finders Keepers haar eerste top-10-snit in Brittanje geword het.

MUSIEK IN HAAR BLOED

Haar hele gesin is musikaal. Haar ma, Neneh Cherry (55), is ’n Sweedse pop-ikoon en rapper met vyf albums agter haar naam, en haar Britse pa, Cameron McVey (62), is ook ’n sanger en musiekvervaardiger.

Haar broer, Marlon Rou­dette (36), en susters, Tyson McVey (30) en Naima Karlsson (36), maak ook musiek.

MAL OOR QUEEN B

Beyoncé is haar rolmodel.

“Ek luister elke dag na haar liedjies en dink sy is wonderlik,” sê Mabel.

DIE 1D-KONNEKSIE

Sy het die voorvertonings vir die Europese been van die One Direction-ster Harry ­Styles (25) se solotoer gedoen.

Harry het haar ’n poets gebak tydens hul laaste op­trede in April verlede jaar in Dublin deur haar voor 15 000 aanhangers met ’n roomtert in die gesig te gooi om dankie te sê dat hulle saam kon toer.


BRONNE: STANDARD.CO.UK, FAMOUSBIRTHDAYS.COM, HAPPYMAG.TV, CAPITALFM.COM, I-D.VICE.COM, INFORMATIONCRADLE.COM

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.