MEISIE OP DIE STRAND ABEL KNOBEL 

Ná sy deelname aan die eerste seisoen van die talentsoekreeks The Voice SA in 2016 het Abel ’n kontrak losgeslaan om ses maande lank in hotelle in Spanje op te tree.

Op sy 25ste verjaardag, in September daardie jaar, sit Abel eensaam en hartseer op ’n strand met sy kitaar. Hy is op soek na ontvlugting en worstel met die emosies van verlange na sy familie en vriende. Hy wou net terugkom huis toe, maar sy werkkontrak het hom vir eers in Spanje gehou.

Dis toe dat hy die meisie op die strand ’n ent verder opmerk, sê hy.

Met sy nuwe enkelsnituitreiking, “Meisie op die st
Met sy nuwe enkelsnituitreiking, “Meisie op die strand”, vier The Voice SA se Abel Knobel 10 jaar in die bedryf. Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
Foto: Verskaf

“Ek het haar in die verte sien sit en kyk na die horison, en daardie prentjie het my geïnspireer om hierdie lied te skryf.

"Beeldskoon met lang blonde hare het sy naby die branders gesit.

"Sy was óók alleen en het lank net gestaar na die goue son wat die horisonlyn bekruip,” vertel hy. Ek wens ek kon weet wat in haar gedagtes maal, sing Abel.

Maar vyf jaar later weet hy steeds nie wie sy was nie en sy sal ook nooit weet dat daar ’n liedjie oor haar geskryf is nie.

“Daardie gedagte is bittersoet,” sê Abel.

“Ek het in hierdie liedjie nuwe lewe aan dié geheimsinnige persoon gegee.”

Die liedjieskrywer-sanger vier sy 10de jaar in die musiekbedryf met dié uitreiking.

Voor hy deel was van Bobby van Jaarsveld se span in The Voice SA was hy ’n lid van die elektro-popgroep NRG.

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op Facebook, Twitter, Instagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe