En dit boonop in die ikoniese rok waarin Demi-Leigh Nel-Peters verlede jaar as Mej. Heelal gekroon is en wat deur Anel Botha ontwerp is.

“Die liedjie gaan oor ’n  meisie wat nie kan sing, dans of kook nie, maar dit maak nie vir haar bewonderaars saak nie omdat sy kan stap soos Karlien,” verduidelik Vincent vir ons.

Karlien verskyn in die rok waarin Demi-Leigh Nel-­Peters as Mej. Heelal gekroon is. Foto: Instagram.
Sorina Erasmus, oftewel Flooze, speel een van die deelnemers wat ’n oudisie vir sy musiekvideo aflê en enigiets sal doen om dié rol te kry – selfs al beteken dit sy moet die ander deelnemers intimideer. Foto: Chane Delport.

In sy video, wat op 4 Oktober uitgereik word, hou hy oudisies op soek na iemand wat soos Karlien kan stap.

Hoewel die deelnemers baie genot verskaf en die vloerbestuurder sy hande vol het met hulle, kry hy nie die regte meisie nie.

Ramey Short vertolk net soos sy karakter in Binnelanders ’n dokter in Vincent se musiekvideo. Foto: Chane Delport.

Raadop besluit Vincent om vir Karlien te bel sodat sy vir die meisies kan kom wys hoe sy stap.

“Sy daag in ’n asemrowende uitrusting op en wys almal dat dit eintlik net die regte Karlien is wat kan Stap Soos Karlien,” vertel Vincent.