Album op pad

Hy werk tans aan sy debuutalbum en is baie opgewonde oor en trots op sy nuwe enkelsnit, So Gone.

Sy vorige liedjie, Should I, was ’n nasionale treffer en nommer een op 5FM se poptrefferlys.

Die enkelsnit

So Gone, met sy prettige ritme, is gemaak om op te dans, sê Armand.

“Die lirieke het wel ’n dieper betekenis: Dit is soos wanneer jy met iemand stry en jou van hulle onttrek uit vrees dat jy sal seerkry.”

Gesin is sy anker

Hy was vyf jaar oud toe sy ma, Janneke, die familie nooi om te kom hoor hoe hy sing.

“Ek onthou dit nog soos gister,” sê hy.

Hierna het hy aan soveel sangkompetisies moontlik deelgeneem.

Foto: Verskaf.

“My ouers het my baie ondersteun en selfs besluit dat ek tuisonderrig moet kry sodat ek op my musiekloopbaan kan fokus.

“Op 20 het ek al geweet wie ek is en die soort kunstenaar wat ek wil wees.”

Hy is baie lief vir sy gesin en sê hulle lag baie saam.

Harde werk

Armand glo jy moet hard werk om jou drome te bewaarheid.

“Jy moet lang ure insit, weet hoe om verwerping te hanteer en ’n dik vel te kry as dinge moeilik raak.”

En glo in jouself wanneer niemand anders dit doen nie, sê hy.

Foto: Anthony Horak.

Nie al talent nie

Toneelspeel was ook een van sy drome.

“Ek sal nog graag die rol van ’n skurk wil vertolk en onbeskof wil wees, juis omdat ek in werklikheid ’n sagte mens met ’n klein hartjie is,” sê hy.

Foto: Oxana Nacu.

Hy sal ook graag in die modewêreld ’n deurbraak wil maak.

“As ek nie kon sing nie, sou ek graag my eie klerereeks wou begin. Om cool aan te trek gives me life.” 

'Jy moet lang ure insit. Jy moet weet hoe om verwerping te hanteer en ’n dik vel te kry as dinge moeilik raak'

Oor Armand

  • Hy is versot op Justin Timberlake. “Ek dink hy is ongelooflik. Ek hoop om eendag net so suksesvol te wees. Plaaslik geniet ek Early B se musiek. Hy is ’n unieke kunstenaar.”
  • Sy gunstelingvakke op skool was kuns en kultuur en Engels.
  • Drie dinge waarsonder hy nie kan leef nie: geld, musiek en sy gesin.
  • Wanneer hy soggens opstaan, loer hy eerste na Instagram.
  • Hy is tans obsessief oor Charlie Puth se liedjie How Long.
  • Sy grootste vrees is om nie meer te kan sing nie.
  • Pasta is sy gunstelingkos.
  • Hy was onlangs ’n musiekgas in die werklikheidsreeks Dancing with the Stars SA op M-Net.
Bronne: Eonline.com, Dailymail.co.uk, Usmagazine.com