Sy is toe saam met Ally Brooke, ­Dinah Jane, Lauren Jau­regui en Camila Cabello in ’n groep geplaas en die groep Fifth Harmony is daaruit gebore.

Hulle het in Maart aangekondig hulle neem ’n blaaskans.

MUSIEK VIR DIE SIEL

Sy’s ’n groot gospelmusiekaanhanger en luister na haar lofprysing-en-aanbidding-speellys voor sy saans gaan slaap – veral in moeilike tye.

“Ek is baie gelowig. Ek gaan kerk toe wanneer ek ook al kan. Ek vra gewoonlik om Sondae af te wees. Ek probeer dit ’n prioriteit maak en sorg dan ook ek het tyd om sommer net normaal te wees.”

Normani tydens die Amerikaanse musiektoekennings by die Microsoft-teater op 9 Oktober 2018 in Los Angeles. Foto: Rich Fury/AMA2018/Getty Images vir dcp

JA VIR SELFLIEFDE

Normani (22) was een van net drie swart leerders in haar skool, vertel sy. Haar ouers, Derrick en Andrea, het haar altyd aangemoedig om gemaklik in haar vel te wees.

“Ek het vrae gevra soos: ‘Hoekom het my hare dié tekstuur? Ek wil reguit hare hê,’ maar hulle het dit by my ingeprent om myself lief te hê.”

View this post on Instagram

I can make your lonely disappear

A post shared by Normani (@normani) on

WELKOM BY DIE BEYHIVE

Hul gesin “moes heeltemal oorbegin” nadat Orkaan Katrina in 2005 haar tuisstad, New Orleans, in Amerika verwoes het.

Terwyl hulle in hul motor gesit het, het haar ma, Andrea Hamilton, die negejarige Normani ’n keuse gegee: Dallas of Houston. Toe kies sy Houston omdat haar musiekheldin, Beyoncé, daar grootgeword het.

NORMANI IS DIE NAAM

Haar geboortenaam is Normani Kordei Hamilton. Aan die begin van haar loopbaan het sy ook haar tweede naam as deel van haar verhoognaam gebruik. As solo-­ster is sy net Normani.

TREFFERMASJIEN

Normani se debuutsolosnit, Love Lies, saam met haar pel Khalid was ’n groot treffer en ook albei se eerste no. 1-liedjie.

Sy’t onlangs nog twee snitte saam met die Skotse DJ Calvin Harris uitgereik – Slow Down en Checklist.