X-Faktor 

Ella (23) is die eerste keer op Britse televisie gesien toe sy en Arize, haar drielidmeisiegroep, in 2014 aan The X Factor UK deelgeneem het.

Die groep het nie ver in die kompetisie gevorder nie.

Die groepslede se paaie het ná die program geskei en Ella het haar weergawes van liedjies op Instagram begin laai.

YouTube-gunsteling

YouTube het onlangs dié ster as hul nuwe opkomende sangeres aangewys.

Dis nadat Boo’d Up meer as 100 miljoen kyke op YouTube gekry het. 

"Dankie, YouTube. Ek voel so geëerd," skryf sy op Instagram, die sosialemediaplatform wat haar beroemd gemaak het.


Beyoncé wie?

Boo’d Up het onlangs Beyoncé se rekord geëwenaar. Dié lied het nommer een gehaal op drie Billboard-trefferlyste, naamlik die R&B-, hip-hop- en radiotrefferlys. Beyoncé hou sedert 2012 dié rekord met haar liedjie Love on Top.

dear diary ... TRIP. OUT NOW.

A post shared by Ella Mai (@ellamai) on

Treffer 

Haar eerste groot treffer is Boo’d Up, wat baie aanhangers aan ’n R&B-snit uit die 1990’s laat dink.

Dié liedjie gaan oor hoe daardie een spesiale persoon jou laat voel. Boo’d Up beteken jy is halsoorkop verlief op iemand.

‘Volkslied’

In die sosiale media is dié snit reeds die "nasionale volkslied vir mans" gedoop vanweë die liefdevolle lirieke. "Mense het my al vertel selfs boewe sing Boo’d Up," skerts sy.

Die rappers Nicki Minaj en Quavo is ook in die hervermengde weergawe van dié suksesvolle liedjie te hoor.


Instagram-ster 

Die Amerikaanse musiekvervaardiger DJ Mustard, wat al saam met Cardi B gewerk het, het afgekom op Ella se Instagram-video waarin sy Tupac se Keep Ya Head Up sing.

Hy het haar toe ’n musiekkontrak aangebied.

SAYIT?? @torylanez #tagafriend #ellamai

A post shared by Ella Mai (@ellamai) on

Bronne: BBC, Billboard, Instagram