Huisgenoot het by die manne gaan hoor wat hul hoogtepunte die afgelope dekade was en hulle oor hul toekomsplanne gepols. 

Vir Hugo Ludik was dit ’n hoogtepunt om ’n Sama en ’n paar Ghoemas saam met sy vriende te wen. 

hugo ludik,adam,sanger,ghoema
Foto: Verskaf

Kyle Grant beaam dit. Skouspel was vir die sanger ook ’n ongelooflike ervaring en die tyd dat hulle saam met die groep se aanhangers ná vertonings kon deurbring. 

adam,musiekgroep,sangers
Die drie het saam duisende myle kafgedraf. Foto: Verskaf

“Ek het ’n paar ongelooflike mense ontmoet, na hul stories geluister en saam gehuil en gelag. Hulle het diep in my hart ingekruip en dis waar hulle vir ewig sal bly,” vertel die sanger. 

Kyle belowe hy gaan nie binnekort ophou sing nie. Planne word reeds beraam, maar hy wil nie nou veel verklap nie. 

adam,musiekgroep,sangers,musiek
Die drie op die stel van Jukebox. Foto: Verskaf

Reynardt Hugo, wat ook dr. Tertius in die kykNET-sepie Binnelanders speel, som sy herinnerings in drie woorde op: “Professioneel, opofferings en blessings.” 

reynard hugo,hugo ludik,adam
Reynardt en Hugo net voor hulle die groep begin het. Foto: Verskaf

“Al ons Afrikaanse albums het ons onder druk geskryf. Dit het gemaak dat ons moes wikkel en skouer aan die wiel sit,” vertel die sanger. 

adam,musiekgroep,johan opperman
Saam met Johan Opperman, hul vriend en ook Adam se klankingenieur. Foto: Verskaf

Op toer het hulle gewoonlik met ’n pap wiel gesit, vlugte gemis en "met meisies wat ons karre soen en hul lipstiek-lipafdrukke los,” skerts hy. 

Reynardt sal nog in Binnelanders te sien wees en tree as motiveringspreker op.

adam,musiekgroep,musiek
Die manne is trots op die pryse wat hulle ontvang het en het baie jare saam gereis. Foto: Verskaf

Hy werk ook aan ’n nuwe projek wat in Augustus 2020 die lig sal sien. Hy sê hoewel sy een hoofstuk van musiek afgesluit het, sal dit altyd deel wees van hom.

Hugo gaan op sy beurt homself binnekort op musiekvervaardiging toespits in sy nuwe ateljee, Muse Studios, by sy huis in Randburg. 

Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.