“Hierdie een gaan aan die kleindorpse dromers!” het Elandré eksklusief aan Huisgenoot.com gesê oor sy musiekvideo.
Die Lyn is die derde enkelsnit op Elandré se debuutalbum, Kleindorp-dromer.
“Hierdie projek is een wat na aan die hart lê. Alles in die video gaan oor Despatch. Ek het die eer gehad om die projek saam met die regisseur Christian Wolf aan te pak,” sê Elandré.
Al is hy nog ’n nuwe gesig in die musiekbedryf, het hy gou gewild geraak en spog hy met goue status vir sy heel eerste album.
“Hierdie album het reeds in Desember 2017 goue status behaal, binne drie maande ná uitreiking,” sê Tania Fourie van Select-musiek.
Kyk die video hier:
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET