Haar jongste album, Hierdie Hart Brand Liefde, is nog skaars op die rakke en sy reik binnekort reeds ’n nuwe musiekvideo uit.

En sy smeul behoorlik in dié video, Roep My, waarvan ons eksklusiewe foto’s getuig.

Van links is Chantalle Botha, Chris­tiaan Wolf, Elizma en die akteur in die video, Wim Grobler.

Dit word in Augustus uitgereik en is op ’n ou mynhoop buite Krugersdorp verfilm. In die video lyk sy kompleet soos ’n sprokiesheldin.

Roep My is een van die 12 liedjies op haar My Hart Brand Liefde-album.

Boonop werk dié sangeres en ma reeds aan nog ’n nuwe album.

Ek sien my nie as ’n ster nie; ek is ’n werkende ma.

Dis nie altyd maklik om kop bo water te hou nie, het sy onlangs by die Krone 5-konsert teenoor ons gebieg.
“My kinders sal altyd my eerste prioriteit wees. Ek sien my nie as ’n ster nie; ek is ’n werkende ma wat ?deur die genade van Bo die geleentheid het om ’n werk te doen waarvoor ek lief is.

“Ek probeer balans handhaaf, maar dit werk nie altyd nie. Dan voel ek skuldig . . . en dan probeer ek maar net weer,” vertel sy.

Marilyn deur Elizma verskyn ook op Hierdie Hart Brand van Liefde.