Hoewel die 32-jarige blondekop al talle musiekvideo's vrygestel het, is dié video vir haar baie spesiaal, aangesien haar man, Joe Breytenbach, ook ’n rol het. "Dit was onsettend lekker om saam met Joe te speel. Ek het regtig elke oomblik geniet. My man is ’n natural!" het sy aan Huisgenoot vertel.

"Hierdie video is so ’n mooi weerspieëling van die liefde! Ons almal het liefde nodig," sê sy. Met Joe in die video hoef sy darem nie te veel toneel te speel om mense te oortuig nie. "Kyk, ek is so verlief op my man," skerts sy. 

Die liedjie sal op Afrikaans Is Groot Vol. 11 verskyn, maar Karlien verseker haar aanhangers dat daar vroeg volgende jaar ’n nuwe album op die rakke sal wees.

Stem nou vir jou gunstelingsterre en jy kan 'n kans staan om 'n vet kontantprys, twee vakansies ter waarde van meer as R13 000 elk en 'n R3 500-koopbewys te wen.

Karlien sal ook Woensdag om 20:00 saam met haar broer, Bobby, vir nog ’n reeks as aanbieders op die kassie verskyn vir Die Kontrak op VIA. Hoewel dié tweetjies te sien was in die werklikheidsreeks In Jou Skoene, sal hulle nou die land op reis neem om te kyk hoe agt talentvolle aspirantsangers dit weekliks op die verhoog uitspook.