Wynand se musiekvideo van sy weergawe van die Koos-liedjie Gebed is op die skilderagtige Swartlandse dorp Riebeek-Kasteel verfilm – binne net vyf uur. 

“Gebed is een van Koos Doep se liedjies wat nie ’n oordadige storielyn nodig het nie," meen Wynand. "Dit gaan absoluut oor die lirieke, en ek wou nie hê dat 'n besige video afbreuk daaraan doen nie." 

“Dit is 'n baie gewyde lied en ek dink dit is iets wat die video perfek vasvang: intiem en eenvoudig, soos Koos dit sou wou gehad het,” sê hy.

Wynand het in 2000 begin sing en in 2005 as onderwyser bedank sodat hy hom voltyds op sy sangloopbaan kon toespits.

“My grootste inspirasie is en was nog altyd Koos Doep," vertel Wynand. "Dit is hoekom ek besluit het dis tyd om hulde aan hierdie ikoon te bring."

VIDEO: