Dis ’n album propvol herinnerings en nostalgie, maar Stories bied ook splinternuwe liedjies.
Elvis Blue se weergawes van immergroen treffers soos Chris de Burgh se Lady in Red, Mike Rutherford en B.A. Robertson se The Living Years en Eagles se Desperado sal die oueres onder ons na die sokkies van hul jeug laat verlang.
Maar Elvis vertel ook ’n paar nuwe musiekstories, soos Die Hartklop van ’n Pa. Dis uit sy eie pen.
Elvis sê die album is so “eenvoudig en natuurlik moontlik opgeneem”.
Hy glo die oorspronklike sangers se vertolking van die treffers sal altyd die beste wees.
“Ek probeer nie om dit beter te maak nie.”
Foto's: Eon Coetzee
Ons wil graag hê jy moet langer kuier.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET