Die The Voice South Africa-deelnemers Caroline-Grace Brüssow en Fatman het nie net ’n immergroen treffer saam opgeneem nie; hulle het ook ’n video daarvoor gemaak.

Min mense kan Jannie du Plessis se treffer Liedjie vir Jou sing soos dit behoort gesing te word. Wanneer ’n mens egter twee talentvolle sangers bymekaargooi, kan jy maar weet die eindproduk sal goed wees.

The Voice South Africa se gewilde Caroline-Grace Brüssow en die sogenaamde Fatman (Johan Brümmer) is net die regte kandidate. Liedjie vir Jou verskyn op dié kunstenaars se onderskeie debuutalbums en hulle het sommer ook klaar ’n musiekvideo daarvoor gemaak.

“Dis na my mening een van die mooiste liedjies wat nog geskryf is en dit is altyd lekker om saam met ’n ander deelnemer aan The Voice iets op te neem en ’n musiekvideo te maak,” sê Fatman. “Die liedjie sal jou hoendervel gee.”