Treffermasjien

Jaden se nuwe lied, Ghost, is ’n groot gunsteling op ons speellys.

Jaden (20) se vollengtealbum, Syre, is in November 2017 uitgereik. Dié album is geïnspireer deur raad wat die raplegende Jay-Z aan Jaden gegee het.

“Hy het gesê namate ek ouer word, sal ek ál meer kan sê met ál minder woorde.”

A post shared by Jaden Smith (@c.syresmith) on

Musiekvideo

Die kleurryke musiekvideo vir Ghost is op 24 Junie uitgereik en is reeds byna 6 miljoen keer op YouTube gekyk.

Dié retro video is in Tokio verfilm.

Gesin van roem

Jaden en sy gesin is almal in die kollig.

Sy pa is die akteur en rapper Will Smith (49); sy ma die aktrise Jada Pinkett Smith (46) en sy jonger sussie die sangeres Willow Smith (17).

Baba Jaden

In sy ma se Facebook-geselsprogram, Red Table Talk, sê Jada hy het net twee weke lank skool bygewoon.

“Ek moes elke dag in die parkeerterrein sit en wag tot hy uit die skool kom; dan het hy my gevra: ‘Ma, hoekom los jy my by mense wat my nie liefhet nie,’ ” vertel Jada.

Hy is daarna tuis deur sy ma onderrig.

Album Out Now On All Streaming Platforms. -SYRE

A post shared by Jaden Smith (@c.syresmith) on

Omgewingsbewus

Jaden wil sy deel vir die natuur doen met JUST Water, ’n omgewingsorganisasie, waarby hy vroeër vanjaar aangesluit het.

Die entrepreneur se waterbottels is herwinbaar en het ’n lae koolstofvoetspoor.

Modester

Om sjiek te lyk sit beslis in Jaden se gene. In 2016 was hy die gesig van Louis Vuitton se vrouereeks en ’n baanbreker vir geslagsgelykheid in die modewêreld deur in rompe vir die kamera te poseer.

Hy is natuurlik hieroor gekritiseer.

#Lvconnected  @louisvuitton #WatchMe

A post shared by Jaden Smith (@c.syresmith) on

“Jy moet net in jouself bly glo. Die wêreld gaan my aanhou afkraak en ek gaan aanhou om my nie daaraan te steur nie,” het hy gesê.

Bronne: Complex.com, Hello!, DailyMail, IMdB, Independent.co.uk, TheFader.com, Businessinsider.com