AL OP 17 ’N TREFFER

Die sangeres Daya ryg die een treffer ná die ander in. Haar jongste is die cool nuwe liedjie, New.

Haar liedjie Don’t Let Me Down (saam met The Chainsmokers)het vir ’n rekord gesorg. Sy en die Nieu-Seelandse sangeres Lorde het albei op 17 ’n no. 1-liedjie in die Amerikaanse top-40 gehad.

REGTE NAAM

Die 18-jarige sangeres van Amerika se regte naam is Grace Martine Tandon. Daya is ’n vertaling van Grace in Hindi. ‘Dit werk eintlik perfek uit, want my oupa is oorspronklik van Nieu-Delhi, Indië,’ sê sy. SUKSES OP SPOTIFY

lil me n big sis ??

A post shared by Daya (@daya) on

BEKROONDE SANGERES

Daya, wat klavier, kitaar, die fluit, ukulele en die saksofoon speel, is al vir ’n rits pryse benoem, en die liedjie Don’t Let Me Down het ’n Grammy vir beste dansliedjie gewen.

SING VIR PRESIDENT

Dis nie net ons wat elke woord van haar liedjies ken nie; sy is selfs al genooi om vir oudpres. Barack Obama en sy vrou, Michelle, in die Withuis op te tree.

NUWE LIEDJIE

Die Hide Away-sangeres sê die liedjie New “beskryf wat nou in my loopbaan gebeur. Dis ’n nuwe era vir my, wat meer opreg en oorspronklik is. Die liedjie draai ook nie doekies om nie – dit vertel dat ek baie seer- gemaak is deur iemand en hom mis.”

new ?? 10/12

A post shared by Daya (@daya) on