Die liedjie, “Altyd op vakansie”, is geskryf deur Jack Parow en Loki Rothman, wat al 10 jaar saam werk. Die musiekvideo is tydens vlak 3 van die inperking in onder meer Oos-Londen en Kaapstad geskiet. 

“Ek dink nie ek was al reg om ’n musiekvideo te skiet nadat ek so lank by die huis moes bly en nie kon optree nie," sê Loki. 

kaalgat karel,musiekvideo,kaapstad
Die musiekvideo is in onder meer Oos-Londen en Kaapstad verfilm. Foto: Verskaf

“Gelukkig het ek net die koor gehad om te sing. Die liedjie is meer in die Jack Parow wêreld teenoor my akoestiese of meer rustiger liedjies. So dit was vir my awesome om my klank in Jack Parow se wêreld in te bring,” voeg hy by. 

Francois Jacobs, wat onder meer in Huisgenoot se eerste fliek, Vir die voëls, te sien was, vertolk die rol van Karel Venter in die fliek. Kaalgat Karel vertel die storie van sy karakter, Karel, 'n ou wat hou van 'n goeie tyd.

Die fliek Kaalgat Karel begin 12 Februarie in rolp
Die fliek Kaalgat Karel begin 12 Februarie in rolprentteaters draai. Foto: Verskaf

Die aktrise Christia Visser, die komediant en Hotel-akteur Schalk Bezuidenhout en Eden Classens, wat ons ken as die kelner Justin in die sepie Suidooster, is ook in die rolverdeling te sien.

Francois wys ook gesig in die musiekvideo van "Altyd op vakansie", die temaliedjie van die fliek. 

Jack Parow, Francois Jacobs en Loki Rothman is in
Jack Parow, Francois Jacobs en Loki Rothman is in die musiekvideo vir die liedjie “Altyd op vakansie” te sien. Foto: Verskaf

“Die tema van die liedjie gaan oor lekker kuier sonder enige verantwoordelikheid of bekommernis. Dit is ook spesifiek geskryf vir die hoofkarakter, Karel, wat altyd daar is vir ’n goeie tyd en nooit wil grootword nie,” vertel Loki. 

Francois het groot pret op stel gehad. “Dit was ’n besonderse lekker en interessante ervaring en die vryheid om te kon speel met die karakter is enige akteur se droom,” vertel Francois. 

“Die verfilmingproses was net so oop en organies benader, daar was baie ruimte vir improvisasie. Ek het baie veilig gevoel in die hande van my mede-akteurs en die regisseur,” sê hy. 

  • Kaalgat Karel begin 12 Februarie in rolprentteaters draai.
Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op FacebookTwitterInstagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe.