#HumourUP-Wenner: Zanele Msimang (20)

Zanele Msimang. Foto: Verskaf
Zanele Msimang. Foto: Verskaf

Dié Gautengse komediekoningin het ons laat skater met haar video’s.

  • @zayaan4
  • 760 000 followers
  • 14,5 miljoen likes
@zayaan4

they will never understand us ??##taptaptap ##zayaanvids

? original sound - zayaan4

Wat kry TikTokkers op jou profiel?

Wonderlike inhoud wat mense laat lag. Dis ’n kombinasie van memes en oorspronklike inhoud.

Hoekom is komedie so belangrik?

2020 is nie wonderlik nie. Komedie is ’n goeie manier om mense beter te laat voel.

Waar kry jy jou idees vir video’s?

Ek kry inspirasie wanneer ek TV kyk of ’n liedjie hoor, maar ek hou daarvan om my tyd te vat en te sit en my idees neer te skryf. Ek kry ook inspirasie van dinge wat trend.

Hoe het komedie jou lewe verander?

Om die geleentheid te kry om ander TikTokkers te ontmoet en vriendskappe te vorm is een van die grootste dinge wat ek daaruit kry. Ook die aanhangers wat vir my boodskappe stuur en sê hoe ek hulle dag opbeur as hulle na my video’s kyk.

‘Komedie is ’n goeie manier om mense beter te laat voel’

#DanceUP-Wenner: Kelsey Maggot (21)

Kelsey Maggott. Foto: Verskaf
Kelsey Maggott. Foto: Verskaf

Dié teologiestudent van Kaapstad het koning gekraai in die danskategorie. Haar gewildste TikTok-video is al 83 miljoen keer gekyk.

  • @kelseymaggott
  • 580 000 followers
  • 7,7 miljoen likes
@kelseymaggott

Comment questions you’d like me to answer in my first live ?? dc @certifiedjalen | instagram: @kelseymaggott

? Bad big - jordanaudiozz

Beskryf jou TikTok-profiel.

Dis ’n plek waar ek net myself kan wees en vir meisies kan opstaan. Ek skep inhoud waar ek my lyfhare omhels. Ek daag die idee uit dat meisies moet skeer en die social shaming en geweld teen meisies wat kies om nie te skeer nie.

Beskryf jou dansstyl.

Hip-hop-sentries. Ek hou van goedvoel-danse.

Hoekom is jy so dol oor dans?

Dit vat my na ’n ander wêreld. Ek het nie taal nodig om my uit te druk nie; my liggaam en my gesigsuitdrukking doen die praatwerk.

Hoe oud was jy toe jy begin dans het?

Op drie het ek my ma gevra om my vir danslesse te vat. Ek het gesê: ‘Ek wag al my hele lewe hiervoor.’

Hoe het dans jou lewe verander?

Om te dans sonder om dele van my, in my geval my onderarmhare, weg te steek, gee my kinderlike vreugde. Ek het dansklasse op hoërskool gelos toe my dansonnie gedreig het om my uit haar konsert te haal as ek nie my onderarmhare skeer nie.

Ek moes pleisters daarop plak. Daarna het ek my passie vir dans verloor. Met TikTok kan ek weer my ware self uitdruk.

#SportsUP-Wenner: Jean Myburgh (20)

Jean Myburgh. Foto: Verskaf
Jean Myburgh. Foto: Verskaf

Dié Pretorianer, wat al op televisie in Getroud met rugby te sien was, het ons gemotiveer om van die bank af op te staan en te oefen. Hy wys sy rugbytalent op TikTok.

  • @jeanmyburgh
  • 218 000 followers
  • 4,8 miljoen likes

Wat kry TikTokkers op jou profiel?

Alles van komedie tot stunts in die openbaar. Ek hou van uitdagings en ek doen baie pranks.

Wanneer het jy begin rugby speel?

Ek het altyd rugby gekyk saam met my pa. Dis waar my passie daarvoor begin het. Ek het in gr. 1 begin speel en so goed geword dat ek daarna gekyk het om ’n rugbyloopbaan te begin. Ek speel nie tans nie, maar wil so gou as moontlik ’n comeback maak.  

Watter sport doen jy alles?

Ek het ook krieket gespeel. Ek was goed, maar het nie daarvan gehou nie.

Hoe lyk jou oefenroetine?

Ek oefen elke dag. Dit vat selfdissipline en toewyding. My gesondheid is my rykdom, so ek belê in my fiksheid en liggaam. Die lockdown het nie enige impak op my roetine gehad nie, want ek vind altyd ’n manier om te oefen voor ek ’n verskoning soek.

Jou fiksheidswenk aan followers?

Geduld en toewyding. Groot dinge neem tyd.

#SwagUP-Wenner: Sandhya Ramsern (22)

Sandhya Ramsern. Foto: Verskaf
Sandhya Ramsern. Foto: Verskaf

Dié TikTokker van Port Elizabeth, wat op die oomblik vir haar meestersgraad in mikrobiologie studeer, wys hoe om modieus te lyk.

  • @sandycorn_101
  • 78 400 followers
  • 1,6 miljoen likes
@sandycorn_101

Live to impress yourself ???? excuse my bad transitions ???? cr: @jharnabhagwani ##tiktoksa ##mzansi ##swagup ##makeup ##barbiegirlchallenge ##barbie

? Barbie Girl - jharna bhagwani

Wat kry followers op jou TikTok-profiel?

Skoonheidsinhoud, veral video’s oor grimering, velsorg en mode. Hulle kry ook soms ’n kykie na my ander belangstellings soos kos, flieks en TV-programme. Ek fokus ook soms op my wetenskaploopbaan, meer spesifiek mikrobiologie.

Waar kom jou liefde vir mode en skoonheid vandaan?

Ek het altyd daarvan gehou om skoonheidsvideo’s op YouTube en Instagram te kyk en het altyd die mooiheid en kreatiwiteit in die skeppers se werk waardeer.

Wat is jou gunsteling-item in jou klerekas?

My denimbaadjie. Dit gee ’n uitrusting ’n casual en trendy gevoel.

Van watter mode-challenge op TikTok hou jy?

Die #shoetransition- challenge, waar jy ’n skoen in die lug gooi en jou uitrusting verander die oomblik dat die skoen met jou voet kontak maak. Dis ’n baie unieke manier om jou grimering en modevaardighede te wys.

Jou moderaad vir followers?

Pleks van net ’n trend volg, wys jou unieke persoonlikheid deur mode. Jy sal verbaas wees om te sien hoe dit lyk. 

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op Facebook, Twitter, Instagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe