Sy nuutste album, wat in September vanjaar uitgereik is, pronk met liedjies soos Reisiger, waarin hy temas van huishoudelike geweld en geweld teen vroue in dié musiekvideo aanspreek, en Ek Glo In Liefde.

Maar dit is veral die titelsnit, Liefdegenerasie, waarmee Refentse sy landgenote wil inspireer.

“Toe ek Liefdegenerasie geskryf het, het ek die idee gehad van ’n pleidooi aan mense wat moeg is vir haat en geweld,” verduidelik Refentse aan Huisgenoot.

Refentse agter die toneel van sy nuwe video
Foto: Verskaf

“Liefdegenerasie is ’n uitnodiging om deel te word van die mense wat opstaan en die gedagte van ’n optimistiese toekoms vir Suid-Afrika deel.”

Die musiekvideo van dié liedjie is in een dag op die rugbyveld van Hoërskool Garsfontein in Pretoria geskiet.

“Ek wil hê Suid-Afrikaners moet weet dat ek nog hoop het en dat hulle nie alleen is nie,” sê die 20-jarige sangsensasie.

“Hulle moet weet dat die mag van liefde nog altyd heers. Soveel so dat ons kan dans en lag te midde van al die waansin om ons.”

Die musiekvideo van dié liedjie is in een dag op die rugbyveld van Hoërskool Garsfontein in Pretoria geskiet. Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
Refentse agter die toneel van sy nuwe video
Foto: Verskaf

Hoewel hy steeds ’n bietjie benoud was oor hoe mense die nuwe album sal ervaar, voel hy nou baie gerus.

“Ek is baie gelukkig. Ek sien hoe mense dans en saamsing op wat eens net ’n leë bladsy onder my pen was. Dít voel soos die bewys van hul goedkeuring,” sê Refentse.