Wag vir die liefde

“Ewigheid” is die derde enkelsnit van Riana se jongste album, Sterker, wat van einde verlede jaar op die rakke is. Fliekgangers kan dié liedjie in Huisgenoot, kykNET en The Film Factory se nuwe fliek, Vergeet my nie, hoor.

Die fliek is nou in rolprentteaters te sien. Dié goedvoelfliek is deur die ware liefdesverhaal van die Huisgenoot-lesers Mardaleen en Hugo Derks van Gobabis, Namibië, geïnspireer.

Die Alles Malan-ster Sean-Marco Vorster en Marguerite van Eeden, wat die hoofrol in Vaselinetjie vertolk het, is in die hoofrolle te sien.

“Ewigheid” is ’n tipiese Riana Nel-liedjie.

“As jy van ’n lekker poprockliedjie hou, is dié een vir jou,” sê die sangeres (37). Riana is opgewonde dat een van haar liedjies in ’n rolprent gehoor kan word.

“Die fliek het selfs tonele wat in Namibië op my beste vriende se plaas, Asugabib, verfilm is. Om jou liedjie in ’n fliek te hoor voel regtig asof jy iets bereik het.”

Die lirieke se boodskap is dat dit belangrik is om vir die regte mens in jou lewe te wag, “al voel dit soms soos ’n ewigheid”, verduidelik sy.

“Met die ‘regte een’ bedoel ek iemand wat jou hart laat klop en die vuur laat brand. Iemand wat die Here liefhet, jou soos iemand kosbaars hanteer en jou laat lag.”

Die musiekvideo

Dit is aan die einde van Januarie op die dak van die Proteahotel in Pretoria geskiet onder leiding van die filmmaker André Velts, wat ook in die regisseurstoel van Vergeet my nie sit.

“Ek het die lekkerste band en vriende gehad wat deel was van die video,” vertel Riana.

Jason Moser speel die tromme, Andrew Jed is op die baskitaar en Gideon Botes op die elektriese kitaar. Tonele uit die fliek is ook in die video opgeneem.

View this post on Instagram

Lief Pretoria???? ?? @claricepieterse

A post shared by RIANA NEL (@riananelofficial) on

“Ons wou graag ’n location hê waar ek nog nie geskiet het nie; iets wat lekker rockstar voel,” verduidelik Riana.

“Ons het onsself so ’n bietjie verbeel ons is U2. My gunstelingtoneel is die light boxes met die fliek se naam op die agtergrond.” 

Swanger op die stel

Riana was sowat 33 weke swanger met haar en haar man, Cornel de Beer, se derde kind toe die musiekvideo verfilm is.

Die egpaar, wat in 2013 afgehaak het, het twee seuntjies.

“Dit was vreemd om so hoogswanger te wees en ’n musiekvideo te skiet. ’n Mens raak omtrent uitasem,” vertel sy.

View this post on Instagram

Jip????‍?? #33weke ????

A post shared by RIANA NEL (@riananelofficial) on

“Ek kon beswaarlik asemhaal en het glad nie sexy gevoel nie. Ons het my maag probeer mis skiet en in ’n stadium het ek maar plat skoene aangetrek.” 

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitter en Facebook en teken gerus in op ons nuusbriewe.