Kevin (31), Joe (29) en Nick Jonas (26) se pop­liedjie Sucker is hul eerste snit sedert hulle in 2013 uitmekaar is. Dis ook hul heel eerste no. 1 op die Billboard Hot 100-trefferlys.

Nick bieg hy was die een wat die groep wou opbreek, maar ná “ ’n jaar se te­rapie” is hulle gereed vir ’n nuwe hoofstuk.

Bekende ekse

Joe is nie al een wat al met beroemdes soos Taylor Swift (29) en die Twilight-aktrise Ashley Greene (32) uitgegaan het nie.

Nick se eerste soen was met die Hannah Mon­tana-­ster Miley Cyrus (26).

“Ons het destyds ’n liedjie saam met haar gehad, Before the Storm, wat my gunstelingkatalogusliedjie van Jonas Brothers is,” sê hy.

Lewe ná JoBros

Dié boorlinge van New Jersey, Amerika, en voormalige Disneysterre het sedert 2006 vier albums as die Jonas Brothers uitgereik.

Hierna het Nick naam gemaak as solosanger van treffers soos Jealous en Chains en Joe as die voorsanger van die funk-popgroep DNCE.


Hul ouboet, Kevin, ’n pa van twee, het tot onlangs sy lyf eiendomsagent gehou.

Gevat!

Kevin is al 10 jaar lank getroud met sy vrou, Danielle (32), Joe en Sophie Turner (23) van die dramareeks Game of Thrones het Julie verlede jaar verloof geraak, en Nick en die Quantico-­ster Priyanka Chopra (36) het in Desember 2018 afgehaak.

Hul liefies is boonop almal in die musiekvideo vir Sucker te sien.

J3

Hulle het aanvanklik J3 geheet.

“Ons het die naam gehaat,” onthul Joe. Hulle het dit in 2006 kort voor ’n vertoning verander.

“Toe ons op die verhoog klim, het ek aangekondig: ‘Hei, ons is die ?Jonas Brothers.’ ”

Die JoBros in syfers
  • 55 miljoen+ YouTube-trefslae vir Sucker
    17 miljoen+ albumverkope wêreldwyd
  • 3,3 miljoen+ Instagramvolgelinge
  • 21 musiekvideo’s
  • 17 enkelsnitte
BRONNE: THE LATE LATE SHOW, USWEEKLY, TEENVOGUE.COM, VULTURE
Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.