Sy’t vanjaar haar eerste Grammy gewen vir beste nuwe sangeres. Nie almal het in die sosiale media daaroor gejubel nie.

“Ek gaan nie ontsteld wees oor iets wat ek wou hê sedert ek ’n kind is nie; ek het baie hard daarvoor gewerk,”  het sy
teruggekap.

Haar pad na sukses

Alessia is nes haar mede-Kanadees Justin Bieber op YouTube ontdek. Sy’t 13 liedjies van onder andere Be­yoncé en Chris Brown op YouTube gedeel, sy’s raakgesien, en op 16 het sy New York toe gevlieg om ’n ­bestuurskontrak te teken. Haar debuutsnit van 2015, Here, is al amper 150 miljoen keer op YouTube gekyk.

Jy’s perfek!

Alessia se bemag­tigende treffer Scars to Your Beautiful van 2015 gaan daaroor om jouself lief te hê nes jy is. Tog het sy in haar grootwordjare baie in haarself getwyfel, bieg sy.

“Ek is nou op ’n plek waar ek selfvertroue het en nie omgee oor ander se menings oor my nie, veral nie dié wat ek nie ken nie.”

Groeipyne

Haar jongste liedjie, Growing Pains, is vir dié wat al nes sy met hul tiener­jare en identiteit geworstel het.

“Dis persoonliker as enige ander lied wat ek al vantevore uit­gereik het,” sê dié 22-jarige sangeres.


Nuwe musiek

Haar tweede album, The Pains of Growing, is eersdaags beskikbaar.

“Ek wil nie hê die album moet net oor my en my struwelings gaan nie. Ek wil hê dit moet oor almal s’n gaan. Ek wil hê mense moet sê die album is oor hulle en hul lewe.

Kitsfeite
  • Haar van is nie Cara nie, maar eintlik Caracciolo.
  • Sy’t reeds op 19 vir die Britse rockers Coldplay geopen.
  • Sy’s nie juis een vir die kollig nie, bieg sy.
  • Amy Winehouse, Pink en Fergie is van haar grootste musiekinvloede.
  • Sy’t ’n tatoe van ’n papier­seilboot op haar linker­gewrig. “Dit lyk so broos, maar as jy dit in water sit, dryf dit. Dit herinner my hoewel ek dalk klein en swak lyk, is ek nie.”


BRONNE: IMDB.COM, BILLBOARD.COM, TEENVOGUE.COM, YOUTUBE, ­INSTAGRAM, JUSTJARED.COM, CBC.C