Jennie

Wees gewaarsku: Die Duitse platejoggie Felix Jaehn (23) se aansteeklike liedjie Jennie sal jou laat wens jy is dié Jennie waaroor die duo R. City en die kunstenaar Bori so sing.

Groot name is nie altyd nodig om ’n liedjie suksesvol te maak nie, sê Felix, en ons stem saam. ’As die liedjie reg is en mense skakel goed by mekaar in en dit voel goed musiekgewys, maak dit nie saak hoe beroemd die musikant is nie,’ het hy al teenoor Billboard opgemerk.

Sy pad na roem

Felix het in 2015 kitsroem verwerf met sy weergawe van die Jamaikaanse sanger OMI se liedjie Cheerleader, wat vier jaar tevore uitgereik is.

Felix se aansteeklike oorwurm was no. 1 in 10 lande.

Trots op wie hy is

Hy het vroeër vanjaar aan die Duitse koerant Zeit onthul hy is biseksueel. ‘Ek droom van iemand met wie ek my lewe kan deel, man of vrou,’ het hy toe vertel.

Sy debuut-album, wat vroeër vanjaar uitgereik is, heet I. Hy sê die titel het hom geïnspireer om oop kaarte te speel oor sy lewe.

Always EEP YOUR EAD UP

A post shared by Felix Jaehn (@felixjaehn) on

Ewige inspirasie

Felix is bekend vir sy EDM en housemusiek. Sy grootste inspirasie is die Sweedse DJ Avicii, wat in April op 28 sy eie lewe geneem het.

Felix het ná sy dood ’n roerende huldeblyk aan sy held op Instagram gedeel.

‘Ek sou nie gewees het waar ek is as dit nie vir Avicii was nie. (Sy treffer) Levels het gemaak dat ek my eie musiek wou maak.’

Bloedjong violis

Felix is in die Duitse hawestad Hamburg gebore en het 100 km daarvandaan, in Wismar, grootgeword.

Hy het op vyf leer viool speel en op 16 besluit hy wil ’n platejoggie word.

Called my friends for a collab last night

A post shared by Felix Jaehn (@felixjaehn) on

Bronne: Billboard.comFelix-Jaehn.comArticlebio.comAllaccess.com