En soos gewoonlik was hulle in hul blinkste partytjieklere uitgedos vir vanjaar se Ghoema-prysaand, wat op 29 April in Emperors Palace, Kempton Park, gehou is.

“Met ’n vierjarige tweeling (Eliah en Daniël) en ’n sewe maande oue baba (Elah) in die huis, neem dit deesdae heelwat langer om reg te maak,” het die sangeres Karlien van Jaarsveld gebieg.

Karlien van Jaarsveld het twee pryse huis toe geneem. Foto: Sean Brand.

“Maar dis tog so lekker om ’n bietjie uit te kom.” Sy is deur haar man, Joe Breytenbach, vergesel en het in ’n skepping deur Anél Botha geskitter.

Karlien het die Ghoema vir beste popalbum en vir die gewildste sangeres gewen.

Die sanger Willem Botha was die gasheer van die aand. Foto: Martin de Kock.

Maar dit was Jo Black wat skoonskip gemaak het met sy album, Skepe.

Hy het sewe Ghoemas huis toe geneem: vir beste verkoper, beste nuweling, beste album, beste digitale album, gewildste liedjie, beste digitale liedjie en gewildste sanger. Alles vir Skepe.

Kurt Darren was beïndruk oor hoe mooi sy vrou, Dunay, in ’n Anél Botha-skepping gelyk het. Foto: Martin de Kock.

Ook Kurt Darren se vrou, Dunay, was asemrowend in haar Anél Botha-skepping. Dunay sê dis haar eerste Ghoema-aand in drie jaar.

“Met die vorige prysaande was ek óf swanger óf het ek pas ’n baba gehad.” Hulle het ’n dogter, Kyrah (3), en seun, Kade (1).

Ghoema ready Staying at the #fairwayhotel #guvonhotels Beautiful!

A post shared by Francois van Coke (@francoisvancoke) on

Die countrysanger Manie Jackson het aanhangers verras toe hy saam met sy eksverloofde, die sangeres Angel de Lange, opdaag.

Die twee het in Maart hul verlowing verbreek, maar op hul Facebook-blaaie geskryf hulle is steeds vriende.

Kan jy nou meer?? Dankie @ghoemas en. @kyknettv!! En dankie Here!!! #gaanvirgoud

A post shared by Anders (@anders_orkes) on

Die musiekpromotor Lydia Winchester het ’n ereprys vir haar lewensbydrae tot die musiekbedryf ontvang.

Van die ander groot wenners was Kurt en Jay du Plessis, gesamentlik vir beste popalbum deur ’n man.

Elandré het met die prys vir beste country­album weggestap. Foto: Sean Brand.

Steve Hofmeyr het die prys vir beste kontemporêre album deur ’n man gewen en was die publiek se gunstelingsanger.

Juanita du Plessis is as die beste sangeres aangewys.