“Die video is absoluut deur Gwen Stefani geïnspireer,” het Karlien aan Huisgenoot bevestig. “Ek het nog altyd gesê as ek die regte liedjie kry wil ek so ’n video maak en toe kom Rooilipsoene op my pad en ek het net geweet dis die liedjie wat sal pas by so ’n tipe video.”

Die video is in twee volle dae, van vroegoggend tot laataand, in Parys in die Vrystaat verfilm. “Dit is een van ons land se mooiste dorpies,” meen Karlien. 

Rooilipsoene is al meer as 50 000 keer op YouTube gekyk en hou ook ’n spesiale plek in Karlien se hart, omdat haar man, Joe Breytenbach, daarin speel. "Dit was onsettend lekker om saam met Joe te speel. Ek het regtig elke oomblik geniet. My man is ’n natural!" het sy vroeër aan Huisgenoot vertel.

Kyk hier na die video's:

Karlien sal Woensdag ook om 20:00 weer saam met haar broer, Bobby, aanbieder op die kleinkassie speel wanneer Die Kontrak op VIA begin. Hoewel dié tweetjies te sien was in die werklikheidsreeks In Jou Skoene, sal hulle nou die land op reis neem om te kyk hoe agt talentvolle aspirantsangers dit weekliks op die verhoog uitspook.