Hy is 'n bekende gesig in Carletonville, wes van Johannesburg. Veertien jaar lank het Steven Ferguson met sy kitaar en rasperstem musiek gemaak en inwoners vermaak.

In Januarie het Patrick Jacobs 'n selfoonvideo van hom geneem waar hy voor 'n winkelsentrum sit en die liedjie My Hartjie, My Liefie sing.

Patrick het dit op sy Facebookblad geplaas en sommer gou is die video meer as 8 000 keer gedeel terwyl amper 190 000 mense al daarna gaan kyk het.

Ernst Kleinhans, bestuurder van die platemaatskappy Select Musiek, het ook van die video kennis geneem. “Van ons eie kunstenaars, onder andere Cordelia, het vir my gevra of ek al die video gesien het,” vertel hy.

Hulle was so beïndruk met Steven se talent dat hulle hom opgespoor en dadelik 'n platekontrak aangebied het. Die maatskappy vlieg hom ook Maandag 25 Februarie af na Kaapstad om dit te finaliseer.

Kyk net hoe sing Steven My Hartjie, My Liefie: