Waar kom jy vandaan?

Ek bly in Waterval, Johannesburg, en woon ’n skool by in Fourways, Light Learning, waar ek nou in gr. 10 is en matriek wil voltooi.

Gelukkig is my onderwysers en hoof, Cathy Grant, baie ondersteunend en is daar voldoende struktuur en dissipline om skoolwerk sowel as musiek te doen.

Ek beveel dié skool sterk aan vir kinders van my ouderdom wat vroeg reeds hul loopbaan wil aanpak.

Is jy al musikant in die gesin?

My ma sê ek het in die baarmoeder ’n oor vir musiek ontwikkel. Sy speel altyd musiek, maar niemand anders in my gesin sing nie.

Die sang­sensasie Josh Middleton tokkel op sy kitaar. Hy skryf al sy eie musiek, vertel hy.

My pa is ’n chemiese ingenieur en ’n geesdriftige ondersteuner van my musiek. My ma, ook bekend as my momager, is my grootste aanhanger en strengste kritikus.

Hoe oud was jy toe jy begin sing?

Ek het op vyf begin sing en dit ernstig opgeneem toe ek agt jaar oud was. Toe ek kompetisies begin wen, het ek geweet ek wil ’n loopbaan as beroep-sanger volg.

Beskryf jou klank.

Internasionale pop en dans. 

Wie is jou grootste musiekinvloede?

Lady Gaga, Emeli Sandé, Tove Styrke, Drake en Dan Reynolds.

View this post on Instagram

@emelisande (Link In Bio) tag a friend ??

A post shared by ???????? ?????????????????? (@joshmiddletonsa) on

Benewens musiek, het jy enige ander belangstellings waaroor jy passievol is?

Ek ondersteun die Wêreldnatuurfonds en moedig mense aan om vriendelik teenoor ons omgewing te wees. Ek stel ook in handelsnaambestuur belang.

Wat was jou vriende se reaksie toe jy in die kollig kom?

Eers het my tydgenote my nie ernstig opgeneem nie, maar nadat ek raak­gesien is, het dit alles verander. Ek het ’n hegte groep vriende en ons maak tyd om saam uit te hang.

Skryf jy jou eie musiek?

Ja, ek skryf al my eie musiek. Ek put inspirasie uit lewenslesse; daarom ver­skil die skryfproses elke keer. Ek dink amper elke dag nuwe deuntjies uit wat ek op my foon opneem.

Hoe was dit om jou enkelsnit Monster oor die radio te hoor?

Dit was fantasties om na Monster te luister op die radiostasies waarmee ek grootgeword het.

Jy het saam met Aewon Wolf aan jou enkelsnit gewerk. Is daar enige ander plaaslike sangers saam met wie jy graag wil werk?

Ek sal graag saam met Black Coffee, ­Jeremy Loops en Die Antwoord wil werk.

Jou debuutalbum, Never Give Up, is onlangs uitgereik. Hoe voel jy na al die harde werk wat jy daarin gesit het?

Ek is superopgewonde. Ek het baie lank aan die liedjies gewerk en hoop almal geniet dit net soveel soos ek.

Raak jy senuagtig voor jy optree?

Ja, en ek gaap baie om die senuwees te probeer kalmeer . . . Niks help regtig nie, maar sodra ek op die verhoog is, gaan dit weg. 

Watter liedjie is jou gunsteling op die album?

Hold Me Close is beslis een van my gunstelinge, want dit is die persoonlikste liedjie op die album.

Dit gaan daaroor om verlief te raak op iemand, maar te bang te wees om dit vir die persoon te sê ingeval dit die vriendskap bederf. 

Wat hoop jy om met die boodskap in jou musiek te bereik?

Jy moet in elke aspek van jou lewe kies om nooit tou op te gooi nie, ongeag of dit ’n verhouding of loopbaankeuse is. As jy daarby hou, sal goeie dinge gebeur. 

Enige boodskap aan jou aanhangers? Wat kan hulle in die komende maande verwag?

Ek het oor die afgelope paar maande saam met ongelooflike mense gewerk, soos Crighton Goodwill, ’n vervaardiger vir mense soos Jason Derulo en Shekhinah.

Die musiek op dié album is die beste wat ek nog geskep het. Dus, as jy van Monster hou, sal jy hou van dit wat kom . . .

Kitsfeite:

Gunstelingkos? Soesji.
Gunstelingrolprent? The Hunger Games.
Drie goed waarsonder jy nie kan leef nie? Soesji, familie en musiek.
Gunstelingaanhaling? Bly honger; bly verspot – Steve Jobs. 
Bekende op wie jy verlief is? Mila Kunis.
Watter superkrag sou jy wou hê? Om onder water asem te haal. 
Vreemde fobie? Aragnofobie (’n vrees vir spinnekoppe).
Grootste verleentheid? Ek is al op regstreekse radio George ­genoem – dit was baie ongemaklik!