Kort nadat hulle dié goeie nuus vroeër vandeesmaand aangekondig het, het hulle hul nuwe liedjie, Sucker, uitgereik, ’n opgewekte nommer oor halsoorkop verlief wees.

En as ’n ekstra bederf vir hul aan­hangers maak elk van die broers se geliefdes – Nick se vrou, Priyanka Chopra (36), Joe se verloofde, Sophie Turner (23), en Kevin se vrou, Danielle (32) – ’n kameeverskyning in die musiekvideo daarvoor.

Dit was blykbaar Nick se idee om hul musiekgroep te herenig. Hulle het dié plan verskeie kere bespreek terwyl hulle aan ’n nuwe dokumentêr gewerk het.

“Ons het daaroor gepraat, en ná ’n paar gesprekke as ’n gesin het ons almal besluit om dit weer te doen,” vertel Nick.

En toe hy, Kevin en Joe saam in die atel­jee instap, het hulle “sommer dadelik” weer die ou betowering ervaar, voeg hy by.

Meer oor die Jonas Brothers

Die drietal het hul toer wat in 19 stede sou plaasvind, op 9 Oktober 2013 gekanselleer. Dit was enkele dae voor die toer sou afskop.

Die rede wat destyds aangevoer is, was dat daar groot onenigheid onder die broers bestaan het oor die rigting wat hulle met hul musiek wou inslaan.

"Ek dink dit was tyd, en dit het ons 'n rukkie geneem om dit te besef. Maar ons voel dis tyd vir die Jonas Brothers om tot 'n einde te kom," het Kevin op 30 Oktober daardie jaar op ABC se Good Morning America-program gesê.

Die groep het hul laaste album, Lines, Vines and Trying Times, in Junie 2009 uitgereik terwyl hul vyfde album getiteld V nooit voltooi is nie.

Bron: eonline.com

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe!