Len en sy vrou, Chanél, het onlangs hul trou-uitrustings afgestof om ’n video te verfilm vir sy nuwe enkelsnit, “Heildronk”.

Die paartjie vier in April vanjaar hul vierde huweliksherdenking en het onlangs van Randburg in Johannesburg na die Kaap verhuis.

Len Muller in sy oorspronklike troupak vir sy nuwe musiek­video. Foto: Verskaf
Len se vrou, Chanél, wou graag met haar trourok tu
Len se vrou, Chanél, wou graag met haar trourok tussen die golwe dans. Foto: Verskaf

“Ons wou graag vir dié musiekvideo van ons gunstelingplekke en -aktwiteite hier afneem,” vertel Len oor die verfilming in Noordhoek, Simonstad, Kalkbaai en Muizenberg.

“Chanél wou nog altyd met haar trourok op die strand en in die branders dans, en ek wou nog altyd ’n musiekvideo maak waarin ek kan surf,” vertel hy opgewonde.

“Chanél wou nog altyd met haar trourok op die stra
“Chanél wou nog altyd met haar trourok op die strand en in die branders dans, en ek wou nog altyd ’n musiekvideo maak waarin ek kan surf,” vertel hy opgewonde. Foto: Verskaf

Len vertel dat hy graag ’n liedjie wou skryf oor samesyn wat die waarde van familie en gemeenskap wys. “Dit is die moeite werd om die pad saam met vriende en familie te stap en nie jouself af te sonder, soos ek nogal geneig was om in die verlede te doen,” vertel hy.

“Ek dink nie ons het besef hoe spesiaal dit sou wees om weer in ons trouklere op die strand te staan nie,” verduidelik Len. “Dit was ’n oulike idee in ons kop, maar toe ons daar staan en vir mekaar kyk, het my maag weer gedraai soos die dag toe ons getroud is,” voeg hy by. 



Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitter en Facebook en teken gerus in op ons nuusbriewe.