En nou het hierdie vyf talentolle sangers saamgespan om ’n splinternuwe snit, Die Land, uit te reik. 

“Ek is baie opgewonde om die lusmaker van my, Steve, Bok, Jay en Ruhan du Toit se nuwe snit, Die Land, met julle te deel,” sê Bobby. 

Hy sê die liedjie bring ’n boodskap van hoop.

Die liedjie vra belangrike vrae oor wat elke Suid-Afrikaner vir hul nageslagte agterlaat, sê Johan C Venter, ’n bemarkingsbestuurder van Coleske Artists.

“Ons wil graag ons land (Suid-Afrika) agterlaat en vir ons nageslagte daarop bou,” verduidelik hy.

Die liedjie se musiekvideo word op 15 September op Jukebox uitgereik en die volledige snit word by die Afrikaans is Groot Vol. 11 album ingesluit, wat einde September uitgereik sal word.

Dit gaan ook by vanjaar se Afrikaans is Groot-konsert gesing word.

Die volledige lirieke is heel eerste met Huisgenoot gedeel:

DIE LAND (LIRIEKE)

Waar gaan jy speel met jou maatjies?
Waar gaan jou spore toewaai?
Waar gaan jy val, gaan jy opstaan en huil,
en waar gaan jy staar na die sonsak wat myle strek?


Wat los ons oor vir ons kinders?
Wat gaan ons eendag kan wys?
Wat is nog reg of verkeerd, wil ek weet?
Wat maak ons as jare se sweet te vergete gaan?


Ek los vir jou die son
en die see 
en die land
my kind.
Belowe jy sal my aan die einde vind.
My vlag sal aanhou waai en die sade sal ek saai vir jou,
en jou veilig hou.
Ek los vir jou die son
en die see 
en die land
my kind.
Die Here hoor my - ons sal n lewe vind.
My vlag sal aanhou waai
en die sade sal ek saai vir jou.
Ek belowe jou, die land behoort aan jou.


Wat het geword van die liefde?
Wat het geword van die droom?
Trane van duisende val op die sand.
Het die bome net sterker laat groei in die landery.


Ek los vir jou die son
en die see
en die land
my kind.
Belowe jy sal my aan die einde vind.
My vlag sal aanhou waai en die sade sal ek saai vir jou,
en jou veilig hou.
Ek los vir jou die son
en die see
en die land
my kind.
Die Here hoor my - ons sal n lewe vind.
My vlag sal aanhou waai
en die sade sal ek saai vir jou.
Ek belowe jou, die land behoort aan jou.


Die land behoort aan jou.
Ek belowe jou.