Ashur Petersen (27), wat tot onlangs te sien was as deel van Francois van Coke se span op die derde seisoen van The Voice SA, het die video van hom en sy ma op sy Facebookblad gedeel.

View this post on Instagram

Before I graciously and gracefully take my bow out of The @voicesa there are a few thank you’s I’d like to express. Firstly to The @voicesa, there are no words to describe my gratitude for what you have done for me and my career. I will never ever forget the lessons, the smiles, the tears and the sense of “family” making myself and the rest of the contestants sometimes forget that this is a competition at the end of the day ????... To my coach, @francoisvancoke, MA SE KIND!! Mybru, dankie dankie dankie!! Your guidance, your warm heart, your genuine soul does not go unnoticed. You were the only coach that turned for me and believed in what I am capable of. You saw “my voice” and BMT ??... And, for that, I will forever be grateful to you because ultimately, your buzzer, changed my life ??????... To my co coach, @majozimusic, why must you be such a lekker bloke man? You are great teacher ???? thank you for welcoming me with such a warm heart and encouraging me to do me and reminding me to be unapologetic of that. We will see each other again soon. I promise ??????... To my battle partner, @sone_artist1, ek is so so trots op jou my vriendin ????... We promised to give the people a SUPER BATTLE and that is what WE DID!! ??... And To YOU, MY SUPPORTERS ????... I would not be where I am without you!! You guys showed your loyalty and I can NEVER THANK YOU ENOUGH FOR THAT!! ?? It means the world to me!! ?? And LAST but NOT LEAST... God, plain and simple, without you... I. Am. Nothing... All glory goes to you! ???? • • Clothing sponsored by: @truworthsfashion ??#TheVoiceSA #TeamVanCoke #TeamAshur #SAFE #Performer #Music #Musician #Mnet #Photography #Truworths #Johannesburg #Jozi #SouthAfrica

A post shared by Ashur Petersen (@ashurpetersen) on

Die video is intussen al amper 5 miljoen keer op Facebook gekyk.

Is dit die eerste keer dat ma en seun saam sing?

Nee, laat die sangeres Madeegha Adams hoor. 

Sy en haar seun het al vantevore saam gesing, maar dit is hul weergawe van Labrinth se liedjie Jealous wat Ashur op Moedersdag gedeel het wat mense laat gons het.

“Dis al 255 000 keer gekyk en aanhangers het vir Ashur gevra om nog ’n duet saam met sy ma te doen,” vertel Madeegha aan Huisgenoot.

Volgens Madeegha sou sy in haar wildste drome nooit kon raai dat die video van hulle Aladdin-duet so goed sou doen nie. 

“Met die nuwe Aladdin-fliek wat uit is, het Ashur net gesê: 'Ma, ek wil hê jy moet na die ateljee kom.' Hy het toe gevra dat ons die liedjie sing. Ons het dit opgeneem en daarna die video gemaak.” 

“Ek probeer nog om al die lofsange rondom die video te verwerk en is dankbaar vir die kommentaar en ongelooflike steun wat ons het, sê Madeegha.

"Ek is gelukkig solank ek mense kan aanraak met my musiek,” voeg sy by.

Ashur se pa is die Kaapse musieklegende Taliep Petersen – so na wie aard hy?

“Hy is baie musikaal soos sy pa en kan elke musiek instrument onder son speel. Maar vocally aard hy na ons albei,” sê die sangeres. 

Ashur doen nie net weergawes van ander bekendes se liedjies nie; hy skryf ook sy eie musiek en beoog om binnekort sy eie album uit te reik.

Hy is egter nie die enigste musikant in die familie nie.

Volgens Madeegha sing haar dogters, Jawaahier Petersen (33), wat tans die rol van Kaashifa Mansour in die kykNET-sepie Suidooster speel, A'eesha (30) en Fatiema (26). ook. 

“Dit was ’n donker pad tot hier vir my kinders. Hulle het ongelooflik hard gewerk om te kom tot waar hulle vandag is,” sê Madeegha. 

Ashur het ook al voorheen aan Huisgenoot vertel dit is belangrik vir hom om sy eie paadjie in die musiekbedryf oop te kerf.  

“Die enigste rede hoekom dit belangrik is, is dat ek moeg daarvoor is dat mense my net as Taliep se seun sien en nie besef dat ek my eie mens is en verskillend klink nie.” 

“Ek is mal oor my pa se werk en nalatenskap, maar dit is tyd dat die wêreld sien wie Ashur Petersen is.”