En hoewel Lance James in Mei vanjaar weens dubbele longontsteking in ’n hospitaal se waakeenheid opgeneem is, was hy tydens die Johannesburgse mediabekendstelling van Swansong pure perd in sy kenmerkende cowboyhoed en -stewels. 

lance james,tobi jooste
Lance en die sanger Tobi Jooste. Foto: OJ Koloti
lance james,musikant
Lance en Benjy. Foto: OJ Koloti

“Mense vra my hoe dit voel om amper 81 te wees en steeds liedjies op te neem, maar dit is net soos toe ek 41 was,” het Lance vertel.

Hoe hou hy daardie bekende en geliefde stem in stand? 

“Ek eet daagliks ’n teelepel heuning, drink ’n koppie swart koffie en gorrel elke oggend met warm water. Ek weet nie of dit werk nie, maar dit werk vir my,” verduidelik hy. 

lance james,lydia winchester
Lance en sy vriendin en skakelbeampte Lydia Winchester. Foto: OJ Koloti
lance james,nianell,musikant
Lance sing op die album duette saam met die voormalige Clout-lid Cindy Alter en Nianell. Foto: OJ Koloti

Getrou aan die titel was Swansong veronderstel om sy laaste album te wees. 

“Maar die platemaatskappy en die musiekvervaardiger Benjy Mudie praat reeds oor ’n Swansong volume 2,” vertel Lance.

lance james,musiek
Lance, Benjy en die musiekvervaardiger Matthew Fink. Foto: Gallo Images/Getty Images

“Ek is ’n professionele kunstenaar vir baie jare, so ek aanvaar wat hulle vir my gee om te doen of vir my sê om te doen in die ateljee. Ek luister wat hulle sê en wat hulle wil hê en ek probeer my bes om dit te doen,” voeg hy by.