Haar storie

Dié 16-jarige sangeres, wat in Pennsilvanië in Amerika gebore is, se liedjie My Story gaan oor ’n tienermeisie wat nie haar ma se raad oor die verkeerde ou wil hoor nie.

Dis so gewild dat die liriekvideo al meer as 3 miljoen keer op YouTube gekyk is sedert dit vroeër vandeesmaand uitgereik is.

Vele talente 

Loren is ook ’n aktrise en danseres. In 2016 en vanjaar is sy vir die Teen Choice-prys “Choice Muser” van die jaar benoem. My Story is ook haar eerste groot treffer sedert sy vanjaar ’n platekontrak met Virgin Records losgeslaan het.

Hondekinders

Haar twee pommerhonde, Angel Pom en Smudge Pom, is oulik verby en pryk gereeld saam met hul ma vir kiekies in die sosiale media.

View this post on Instagram

t?w?o? ? #MYSTORY

A post shared by Loren Gray (@loren) on

Haar gunstelinge

Haar gunstelingskoolvak is wetenskap. Sy is gaande oor limonade en haar gunstelingkleur is pienk. Loren bieg sy’s nie ’n boekwurm nie, maar is mal oor die Divergent-boektrilogie. En sy is sportbehep.

Sy doen graag atletiek en gimnastiek en is ook ’n rasieleier.

View this post on Instagram

???

A post shared by Loren Gray (@loren) on

Haar pad na roem

Dié tiener se musiekloopbaan het begin toe sy in 2015 ’n profiel op die musiekplatform Musical.ly geskep en later met ’n allemintige 28,9 miljoen volgelinge gespog het.

En hoe dan anders? Haar weergawes van bekende liedjies, veral Dua Lipa se New Rules, kook.

Bekende pelle

Loren spog deesdae met bekende besties. Een van hulle is die aktrise Millie Bobby Brown (14), wat bekend is vir haar rol as die supercool Eleven in die Netflix-trefferreeks Stranger Things. Hulle deel selfs kiekies van hul avonture op Instagram.

View this post on Instagram

????‍??L????‍??M????‍??L??

A post shared by Loren Gray (@loren) on

Bronne: Famousbirthdays.com, YouTube, Thoughtcatalog, TikTok.com