Die drie musketiers

Die poptrio is in Oktober 2015 deur Blake Richardson en George Smith ­gestig.

Die derde lid, Reece Bibby, het ’n maand later by hulle aangesluit. Hy was vroeër deel van die groep Stereo Kicks, wat in 2014 vyfde in die Britse sangkompetisiereeks The X Factor ­geëindig het.

PAD NA ROEM

Die driestuks het die Britse poprockers The Vamps so beïndruk met hul weergawe van hul liedjie Wake Up dat hulle in November 2015 ’n kontrak by hul platemaatskappy, Steady Records, losgeslaan het.

GEWILDE LIEDJIES

Van hul bekendste liedjies sluit in Crazy, Medicine, Start Over Again en Good Day uit die sterbelaaide animasieprent Early Man met Eddie Redmayne en die Game of Thrones-ster Maisie Williams.

TALENTVOL

Al drie sing en speel kitaar. Blake en George speel ook klavier en Reece baskitaar en dromme. ­Engeland het beslis iets in sy ­water, want nes die meeste van One Direction se lede is dié talentvolle ouens van Noord­Engeland.

5 kitsfeite
  • Hulle het al in The Vamps se voorprogram opgetree en ook in die Disney­ster Sabrina Carpenter s’n.
  • Die drie manne se gunstelingkitskos is Nando’s se toevourolletjies.
  • Die ouens doen gereeld hul eie weergawes van trefferliedjies. Hul weergawe van Ed Sheeran se Shape of You is kookwater.
  • Die drie is mal oor Italiaanse kos, veral Blake se ouma se spaghetti bolognese.
  • Hul gunstelingfliek is die komedie Step Brothers (2008). Hulle het dit glo al meer as 100 keer gekyk.
BRONNE: YOUTUBE, INSTAGRAM, FAMOUSBIRTHDAYS.COM, HOLLYWOODLIFE.COM, HYPE.MY, ESSENTIALLYPOP.COM
FOTO: UNIVERSAL PICTURES