Emmers vol talent

Anne-Marie is ook ’n kranige aktrise. Sy het op ses in haar eerste West End-produksie, Les Misérables, gespeel en was later op 12 jaar in Whistle Down the Wind saam met die sangeres Jessie J te sien.

Musiekgroep

Voor Anne-Marie (27) se sololoopbaan vlam gevat het, was sy deel van die Britse musiekgroep Rudimental. Sy was van 2013 tot ’15 lid van dié groep.

2002

Die liriekevideo van die liedjie 2002 het al meer as 14 miljoen trefslae op YouTube gehad.

Die lied, waarvan die sanger Ed Sheeran een van die skrywers is, is verlede maand uitgereik. Dit gaan oor liefde in die tienerjare. Anne-Marie se debuutalbum, Speak Your Mind, is in April uitgereik en is ’n gunsteling op die trefferlyste.

Bekende kringe

Anne-Marie het verlede jaar gesê sy en Jessie J is steeds vriende: "Sy het my geleer om soms selfsugtig te wees."

Sy toer ook saam met Ed Sheeran en het al genoem hulle het ’n hegte vriendskap: "Die eerste keer dat ons saam ontspan het, het ons heelaand Game of Thrones gekyk."

????

A post shared by ANNE♥MARIE (@annemarie) on

Karate-koningin

Anne-Marie het ook ’n hele paar goue medaljes in karate. Sy was nege toe sy die sport begin beoefen. Sy is so mal oor karate, dit was die titel van haar debuutliedjie in 2015.

Treffer

Anne-Marie het veral aandag getrek nadat sy in 2016 op die elektrogroep Clean Bandit se treffersnit Rockabye gesing het. Die musikant Sean Paul is ook een van die sangers van dié snit. Rockabye is in 2016 as Engeland se no. 1-liedjie van die Kerstyd aangewys.

Bronne: The Famous People,The Sun, Billboard, Forbes