DIE BEGIN

Haar musiekloopbaan het danksy die sosiale media vlam gevat.

Sy het Los Angeles toe getrek nadat Gerald Tennison, wat al saam met sangers soos Becky G en Zara Larsson gewerk het, haar ontdek het toe sy die volkslied op Instagram sing.

VAN DAGBOEK TOT TREFFERLYS

Sy het op 11 haar eie liedjies begin skryf.

"Ek het liedjies in dagboeke geskryf. Ek was altyd mal oor gedigte skryf en het dit in liedjies omskep. Ek wil nie hê mense moet popliedjies van my verwag omdat ek ’n tienermeisie is nie. Ek gaan doen wat ek wil, sê wat ek wil en wees wie ek wil."

last show

A post shared by MAGGIE LINDEMANN:* (@maggielindemann) on

MEER AS MOOI

Die 19-jarige donkerkop se debuutliedjie, Pretty Girl, het almal laat regop sit vanweë die feministiese boodskap.

Dit het al meer as 53 miljoen trefslae op YouTube. Maggie sê sy’t dit geskryf om te “wys daar steek meer in meisies as net om mooi te wees”.

GROOTSTE OBSESSIES?

Haar Instagram-blad, wat 2,6 miljoen aanhangers het, wys grimering is een van haar groot liefdes.

"Ek hou van opdollie. Ek is ook mal daaroor om saam met my pelle uit te hang en op te tree."

??

A post shared by MAGGIE LINDEMANN:* (@maggielindemann) on

HAAR INSPIRASIE

Maggie het verlede jaar saam met The Vamps hul liedjie Personal gesing. Onder haar musiekinvloede tel die sangers Banks, Lana del Rey en Spooky Black.

Sy noem hulle antipopsterre wat hul eie ding doen. “Die rigting waarin ek beweeg, is donker, smeulende pop. Dit is wie ek is.”

Bronne: Phoenixmag.co.uk, MaggieLindemann.com, Billboard.com