Weermagkind

Die Amerikaanse sanger se ma, Linda Wolfe, was destyds in die weermag.

Sy moes haar droom om ’n R&B-sangeres te word laat vaar om Khalid groot te maak.

Op hoërskool het hulle na Texas verhuis, waar hy sy eie musiek begin skryf en aanlyn op SoundCloud gedeel het.

Dankie, Kylie

Die werklikheidster Kylie Jenner het Khalid (20) se loopbaan ’n groot hupstoot gegee toe sy twee jaar gelede ’n deel van sy liedjie Location in haar Snapchat-video gebruik.

Daarin luister Kylie en haar vriende na Location. Hierna is dié liedjie meer as 12 miljoen keer op SoundCloud geluister. 

Jonk, Dom en Platsak 

Young Dumb & Broke het hom so bekend onder tieners gemaak dat hy die nuwe “stem van ’n generasie” in die Amerikaanse media genoem word.

Hy was 17 en 18 toe hy die liedjies vir American Teen geskryf het. 

Nuwe treffers

Sy nuutste liedjie saam met Fifth Harmony se Normani, Love Lies, boer nou op die plaaslike Google Play-treffer­lys.

Hy het ook ’n liedjie, The Ways, op die klankbaan vir die gewilde aksiefliek Black Panther. 

Futuristiese twiet

In 2014 het hy getwiet: ‘Ek wil eendag Grammys toe gaan’.

Vanjaar het dié droom waar geword toe hy vir sy 2017-debuut­album, American Teen, vir vyf Grammys benoem word. 

Hy het niks gewen nie. Die album was wel een van 2017 se 10 suksesvolste albums in Amerika.

Bronne: Metro.co.uk, Standard.co.uk, Vanity Fair, usatoday.com, Wikipedia