Sy is in 2016 in die ouderdom van 43 aan leukemie oorlede.

“Ek raak nou ’n bietjie meer gewoond daaraan (haar dood) omdat ek moet,’ sê Louis, wat in Maart ook sy suster Félicité (18) aan ’n hartaanval verloor het.

Félicité. Foto: Instagram (felicitegrace)
Félicité. Foto: Instagram (felicitegrace)
In Desember 2018 het Félicité het dié foto van die
In Desember 2018 het Félicité het dié foto van die Tomlinson-gesin gedeel. Foto: Instagram (felicitegrace)
Félicité het dié skets van die Tomlinson-gesin in
Félicité het dié skets van die Tomlinson-gesin in 2016 gedeel. Foto: Instagram (felicitegrace)

DIEP LIRIEKE

Voor Félicité se dood het hy Two of Us vir haar en hul susters, Charlotte (20) en die tweeling Phoebe en Daisy (16), gespeel.

“Om as hul ouer broer sulke woorde te kan sing sal hulle hopelik ook help,” sê hy oor die lied wat aan hul ma opgedra is.

SOLO-AMBISIE

Louis, wat al treffers soos Back to You die lig laat sien het, se debuut-soloalbum word vanjaar uitgereik, sê hy.

Mis hy die 1D-manne, Liam Payne (25), Harry Styles (25) en Zayn Malik (26)?

“Ek mis die groep elke dag – ek sal jok as ek sê ek mis hulle nie. Maar dis wat my dryf. Dit gee my weer iets om na te mik.”

X-FACTOR-SEGE

Hy was verlede jaar ’n beoordelaar in die Britse sangreeks The X Factor, dieselfde TV-program waaraan hy in 2010 deelgeneem het en waaruit 1D gebore is.

Een van die deelnemers wat hy gementor het, die Jamaikaanse sanger Dalton Harris (25), het gewen.

BESTIES

Louis en sy 1D-sangmaat Liam is steeds goeie pelle, al neem die groep sedert Januarie 2016 ’n blaaskans.

Hul seuns is glo ook besties. Liam sê sy seun, Bear (2), geniet dit om saam met Louis se kleinding, Freddie Reign (3), uit te hang.

BRONNE: HELLO!MAGAZINE, DAILYMAIL.CO.UK, SEVENTEEN.COM, INEWS.CO.UK
Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.