Studie vir eers op eis

Sigrid (21) het twee maande nadat sy ’n driejaargraad in politieke wetenskap aangepak het, opgeskop.

Sy beplan om dalk ná ’n derde album haar studie te hervat, sê sy.

Adele is haar heldin

Sy is ’n groot aanhanger van Adele. Sy het onlangs op Graham Norton se kletsprogram gesê die sangeres is een van haar gunstelingkunstenaars.   

Nog Adele, regtig?

Sigrid is so ’n groot Adele-verslaafde dat haar musikantbroer, Tellef Raabe, haar moes dwing om op te hou Adele-liedjies sing.

Hy het haar destyds genooi om saam met hom op te tree – op een voorwaarde: as sy beloof om nie Adele-liedjies te sing nie. Eisj!

‘ ’n Gedeelte in Adele se liedjie Rolling in the Deep het meegebring dat ek vandag pop- musiek maak’

Sirkus-sanger

Sigrid, wat al van ses jaar oud sing, se heel eerste “optrede” was toe sy en vriende by haar ouma en oupa se huis ’n “sirkus” aangebied het om geld in te samel vir ’n opblaasdraak waarmee hulle in die see wou speel.

Groot eer

Sigrid, van Noorweë, volg in groot voetspore as onlangse wenner van die BBC Music Sound of-prys.

Groot sterre soos Adele, Ellie Goulding en Sam Smith het al dié prys gewen wat aan ’n jong belowende sanger toegeken word.

Bronne: bbc.com, YouTube.